Geweeklaag omdat SA Internasionale Strafhof wil verlaat

Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon het ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy onttrekking van die Internasionale Strafhof te heroorweeg voordat die besluit oor ‘n jaar in werking tree.

Die VN het bevestig dat Suid-Afrika tot dusver … Lees verder

Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel

Die ministerie van Verdediging het berigte ontken dat die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ‘n jong vrou van Burundi met ‘n vervalste paspoort op ‘n staatsvliegtuig in die land ingesmokkel het.

Volgens die Sunday Times het die minister in Januarie 2014 haar … Lees verder

Spanning tussen Rwanda en Burundi na ‘spioen’ vasgetrek word

Spanning tussen Rwanda en Burundi is besig om op te laai te midde van ‘n tien maande lange politieke krisis, nadat veiligheidsmagte in Burundi Saterdag ’n man voor joernaliste geparadeer wat daarvan beskuldig word dat hy ’n Rwandese spioen is.… Lees verder

Geen vredesmag vir Burundi nie, sê AU

Die Afrika-unie (AU) sal nie ‘n vredesmag na die beleërde Burundi stuur tensy die regering in Bujumbura daartoe instem nie, het dié unie se spesiale verteenwoordiger vir die streek gister aan die Franse radiodiens RFI gesê.

Burundi is gekant teen … Lees verder

Gevaar van etniese suiwering Burundi waarsku VN

Die hoof van die Verenigde Nasies se menseregte-agentskap, het kommer oor die toenemende geweld in Burundi uitgespreek en bewerings dat die veiligheidsmagte by rampokker-verkragtings betrokke is, etniese suiwering en massagrafte veroordeel wat meer as 100 liggame bevat.

“Al die waarskuwingstekens, … Lees verder

Etniese geweld woed in Burundi

Byna 90 mense is Vrydag dood in geweldpleging in Burundi se hoofstad, in die hewigste gevegte sedert Mei wat op ’n mislukte staatsgreep gevolg het, het Reuters berig.

Ontploffings en geweervuur is Vrydag deurlopend in en om Bujumbura gehoor. Inwoners … Lees verder

Obama bel Zuma oor geweld in Burundi

‘n Konsep-resolusie wat glo geweld in Burundi wil verhoed, is voorgelê aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad deur Frankryk.

Frankryk het die mosie Maandag voorgelê om wat hulle bestempel as ‘n dreigende etniese burgeroorlog die hoof te bied, maar Westerse … Lees verder

Amnestie beskuldig Burundi van foltering

Burundi se veiligheidsmagte het ysterstawe en suur gebruik om skulderkennings uit lede van die opposisie te dwing.

Dit was tydens pres. Pierre Nkurunziza se geslaagde aanslag op ’n derde termyn as staatshoof, het Amnestie Internasionaal Dinsdag verklaar.

Getuienis wat deur … Lees verder

Vredesgeprek in Burundi stol

Burundi se opposisie boikot tans vredesgesprekke met die regering. Die dialoog het Maandag uit protes teen die moord van ‘n opposisieleier, Zedi Feruzi, ten einde geloop.

Die VN het vroeër ingegryp om ‘n maand van protes en geweld te beëindig … Lees verder

Burundi-verkiesing onbepaald uitgestel

President Jacob Zuma sê Afrikaleiers het op ‘n streekberaad in Angola besluit dat die presidentsverkiesing in Burundi vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel moet word totdat daar weer politieke bestendigheid in die land is.

Die spesiale vergadering in Luanda is byeengeroep … Lees verder

PAP in Midrand byeen vir Burundi-krisis

Die huidige politieke krisis in Burundi sal na verwagting die samesprekings van die Pan-Afrika Parlement oorheers wat vandag in Midrand in Gauteng begin.

Die PAP is die wetgewende gesag van die Afrika-Unie wat eers in Addis Abeba gesetel was.

Verteenwoordigers … Lees verder

Burundi se president ignoreer VSA, Brittanje se waarskuwings

Nagenoeg 2 000 mense het gister in ’n woonbuurt van Burundi se hoofstad, Bujumbura, betoog. Dit was ’n dag nadat die regering ’n verbod geplaas het op alle straatprotes teen pres. Pierre Nkurunziza se poging om vir ’n derde termyn … Lees verder