Polisie soek na Overberg se brandstigters

Die Kaapse Metroraad sê die polisie se hulp is ingeroep om die onlangse brande naby Somerset-Wes en Grabouw in die Overberg te ondersoek.

Owerhede glo dat van die brande met opset gestig is, het RSG berig.

Die skade word op … Lees verder

Oproer in Noordwes, Kaapstad oor dienste

In oproer by Kopela buite Delareyville in Noordwes het drie skole en ‘n kliniek aan die brand gesteek omdat lokasiebewoners nie water en elektrisiteit ontvang nie.

Intussen is die N18 tussen Stella en Mahikeng Noordwes ook versper. Dit het daartoe … Lees verder

Oproeriges brand skole, beskadig 50 voertuie

Spanning in Alberton het daartoe gelei dat die Ekurhuleni Metropolisie op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.

‘n Metropolisiewoordvoerder, Wilfred Kgasago, sê dit is nog nie duidelik waaroor die oproer handel nie, maar hy sê staatsgeboue word geteiken.

Gewelddadige oproer in … Lees verder

Kaapse brande glo doelbewus gestig sê ondersoeker

Brande wat groot verwoesting gesaai het in die Kaapse Skiereiland en die lewe van ‘n brandbestryder geëis het, is glo doelbewus gestig.

Twee van die drie brande in Maart is kwaadwillig gestig en die derde een, die grootste van die … Lees verder

Heilbron loop onder brandstigters deur

Heilbron in die Vrystaat het Sondag onder brandstigters deurgeloop.

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat daar die naweek vyf voorvalle in die dorp plaasgevind het.

Die brandweer is in die vroeë oggendure uitgeroep nadat ‘n brandende motor voor die hotel in … Lees verder

Heli-ongeluk eis twee

Die Burgerlugvaart-owerheid en die polisie ondersoek ‘n helikopter-ongeluk waarin twee mense in Bainskloof naby Wellington in die Boland dood is.

‘n Woordvoerder van Working on Fire, Linton Rensburg sê die slagoffers was besig om brande in die Wynland-omgewing te bestry … Lees verder

Brande vlam weer op in Jonkershoek

‘n Sterk wind oornag het die brand by die Jonkershoekvallei by Stellenbosch in die Boland weer laat opvlam, het RSG berig.

Die assistent-brandweerhoof van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, Jaco Thuynsma sê die brand woed nou in die rigting van Stellenbosch en … Lees verder

Omstandighede by heli-ongeluk nie bekend nie

Die helikopter-vlieënier wat verongeluk het, Hendrik “Bees” Marais was glo ‘n hoogservare vlieënier.

Marais moes Sondag ‘n noodlanding in Kaappunt uitvoer waar hy met brandbestryding namens Working on Fire besig was.

Die omstandighede en redes waaronder Marais die noodlanding met … Lees verder

Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Meer as 2 000 brandslaners is ingespan om ‘n brand wat oor die naweek in Muizenberg ontstaan het, onder beheer te bring en ongeveer 2 miljoen liter water van 2 000 waterbomme is gebruik om vure te probeer blus.

Nog … Lees verder

Brandweer deurnag om Skierleiland te red

Kaapstad se rampbestuureenheid het Dinsdag gesê brandbestryders het deurnag geswoeg om brande by Chapmanspiek, Tokai-woud en Noordhoek onder beheer te bring en die brande mag dalk die Argus-fietstoer se roete raak.

Die brand woed sedert Sondagoggend en het vanaf Muizenberg … Lees verder

Brande woed in Wes-Kaap

Brandbestryders in die Wes-Kaap is besig met ‘n verbete stryd teen ‘n brand wat in die vroeë oggendure opgevlam het, het RSG berig.

‘n Vlootbasis in die omgewing is ook na wat berig word in gevaar. ‘n Brandweer-woordvoerder, Theo Layne … Lees verder

Suidooster blaas brande in Kaapstad aan

Brandbestryders het Woensdagmiddag steeds teen die hange van Vlaeberg – beter bekend as Seinheuwel – asook Leeukop gespook om vure te blus.

‘n Brand het Dinsdagaand uitgebreek en is deur die Suidooster aangeblaas.

Liezl Moodie, woordvoerder vir Kaapstad se brand- … Lees verder

Plakkers in opstand oor Kaapstad se karige hulp

valhallaparkDie Stad Kaapstad het besluit om behuising vir dakloses tydelik te laat vaar nadat betogings uitgebreek het oor die karige bystand.

Planne is nou van die baan geskuif om blyplekke vir inwoners van Agstelaan in Valhallapark op te rig nadat … Lees verder

Brande op Kaapse Skiereiland eis 12

flatsfireTalle brande het Dinsdag in die Kaapse Skiereiland uitgebreek wat 12 mense se lewens geëis het.

‘n Brand het ook plakkershuise in die Kosovo informele woongebied by Phillipi op die Kaapse Vlakte vernietig en 400 mense dakloos gelaat.

Niemand het … Lees verder