Kragtige aardbewing skud Suider-Afrika

‘n Kragtige aardbewing van 6,5 op die Richterskaal het ‘n yl bevolkte gebied in Botswana Maandagaand geskud. Geen sterftes is aangemeld nie.

Die skudding was sowat 230 kilometer noordwes van Gaborone en was op ‘n diepte van 29 kilometer. Die … Lees verder

‘Verdraagsame’ gays jubel na SA pastoor verbied

Steven Anderson, ‘n Amerikaanse pastoor wat gekant is teen homoseksuele, is hartseer oor die besluit van Suid-Afrika om hom en sy 17 helpers te verbied om na die land te reis.

Anderson het nou sy hoop op Botswana geplaas, maar … Lees verder

Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Negentien polisiebeamptes en twee beamptes van binnelandse sake sal na verwagting vandag weer in Zeerust in die hof verskyn.

Dit volg nadat hulle glo in November verlede jaar smokkelaars by die Kopfonteingrenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp het om onwettige … Lees verder

Knewel van ‘n diamant gevind

’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind.

Volgens Lucara­ Dia­mond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant.

Die diamant … Lees verder

Grensbeamptes vasgetrek oor sigaret-smokkel

Sestien grensbeamptes en drie amptenare van binnelandse sake sal na verwagting binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn.

Hulle het na bewering smokkelaars by die Kopfontein-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp.

Die Valke het die amptenare aan diens Woensdag in hegtenis geneem. … Lees verder

Vyf miljoen swartes kry skottels vir digitale TV

Die departement van kommunikasie gaan buurlande help om satellietskottels aan te skaf sodat hulle SABC-propaganda kan volg.

Die regering het ‘n veldtog aangekondig wat veral swart Suid-Afrikaners in staat sal stel om met skottels en toestelle uitsaai-seine na digitaal om … Lees verder

Khama wen Botswana-verkiesing

Botswana se hoofregter Maruping Dibotelo sal Ian Khama na verwagting vandag inhuldig vir sy tweede termyn as president.

Khama se regerende BDP-party het 37 setels in verlede week se verkiesing ingepalm, met die opposisiepartye wat net 20 setels kon wen.… Lees verder

Strawwe Botswana-verkiesing verwag

Politieke ontleders meen die mededinging in Vrydag se algemene verkiesing in Botswana sal die strafste wees in die land se 48 jaar van demokrasie, het RSG berig.

Drie partye neem aan die verkiesing deel. ‘n Kenner verbonde aan die Universiteit … Lees verder

Ebola: Botswana sluit grense terwyl Kubane instroom

Die Afrika-Unie het sy kommer uitgespreek nadat Botswana nie reismaatreëls teen burgers van lande wat deur die ebolavirus getref is, wou ophef nie.

Die Unie sê die weiering om reisbeperkings op alle burgers van die betrokke lande te lig, het … Lees verder

Bek-en-klouseer kom weens tekort aan entstowwe

entstofDie uitbreek van bek-en-klouseer vier jaar gelede het Suid-Afrika R4 miljard per jaar in verlore uitvoere gekos en was grootliks te danke aan die ineenstorting van die staat se vermoë om entstowwe te vervaardig.

Suid -Afrika het vir meer as … Lees verder

Militêre oefening eindig in chaos, sterftes

Pelikaanpunt
Pelikaanpunt

Wat veronderstel was om die hoogtepunt van ’n militêre oefening tussen agt lande in Suider-Afrika te wees, het Sondagoggend in ’n tragedie op die kus suid van Pelikaanpunt in Namibië geëindig.

Minstens twee soldate van die spesiale magte van … Lees verder

Kabinet wens Zim geluk met suksesvolle verkiesings

Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson

Die Kabinet het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle “die mense van Zimbabwe en politieke partye gelukwens met die suksesvolle, gladde parlementêre en plaaslike verkiesings”.

Pres. Jacob Zuma se rol as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se fasiliteerder geprys en … Lees verder

Botswana vra vir Zim-verkiesingsoudit

Phandu Skelemani
Phandu Skelemani en sy Suid-Afrikaanse eweknie

Botswana sê hy gaan leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap probeer oorreed om die verkiesingsuitslae in Zimbabwe te laat oudit.

Dié land se minister van Buitelandse Sake, Phandu Skelemani het in Gaberone gesê Botswana bevraagteken … Lees verder

Bom agter Ian Khama se kantoor gevind

‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n ploftoestel in ‘n motor, agter pres. Ian Khama van Botswana se kantoor gevind is.

“Die ministerie van verdediging wil die publiek inlig dat die ondersoek steeds aan die gang is. ‘n Ploftoestel … Lees verder