Duitse sokkerspan oorleef bomaanval met klein beserings

‘n Verdediger van die sokkerspan Borussia Dortmund, Marc Bartra is in die hospitaal opgeneem is nadat hy Dinsdagaand in ‘n ontploffing beseer is kort voor die span in die kwarteindstryd van die UEFA Kampioenskapsliga teen Monaco te staan sou kom. … Lees verder

Twee ontploffings ruk Brussel se lughawe

Elf mense is na bewering dood en dosyne gewond nadat twee ontploffings die lughawe Zaventem in Brussel geruk het.

Geen vliegtuie land tans op Brussels nie en vliegtuie word herlei na Antwerpen. Vliegtuie wat steeds wag om te land, draai … Lees verder

Duitsland sluit diplomatieke missie in Turkye

Duitse diplomatieke missies en ‘n skool in Turkye het Donderdag gesluit na ‘n terreurdreigement, het die ministerie van buitelandse sake aangekondig, minder as ‘n week na ‘n selfmoordmotorbomaanval in die Turkse hoofstad.

Die ministerie van buitelandse sake het gesê die … Lees verder

Boer van Brits oorleef bomaanval deur ‘genade’

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord op ‘n familie van die Assen distrik naby Brits in Noordwes.

Die boer, Neels van Rensburg sê daar was ‘n bomaanval op sy huis, waarna wapens uit sy kluis gesteel is.… Lees verder

Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na ’n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer is, het AFP berig.

Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof­fing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 … Lees verder

Al-Sjabaab-aanval eis 13 lewens

Al-Sjabaab se selfmoordbomaanval op ’n hotel in Mogadisjoe Sondag het die lewe van minstens 13 mense geëis, het AFP berig.

Die Jazeera Palace-hotel­ is die tuiste van die diplomatieke sendings van China, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate in Somalië … Lees verder

Boston-bommer skuldig bevind

Dzhokhar Tsarnaev (21) is Woensdag skuldig bevind in verband met die Bostonse Marathon-bomontploffings en kan waarskynlik die doodstraf te wagte wees, het ANA berig.

Tsarnaev se skuldigbevinding kom nie as ‘n verrassing nie, aangesien sy regsverteenwoordiger van die begin af … Lees verder

Bomaanval by Chileense stasie beseer 14

Minstens 14 mense is Maandag beseer ná ‘n bomontploffing by ‘n treinstasie in Santiago, Chili.

Twee vroue verkeer in ‘n ernstige toestand.

President Michelle Bachelet het ‘n noodvergadering gehou met die minister van binnelandse sake, Rodrigo Penailillo, om die voorval … Lees verder