Fourie du Preez speel Vrystaat planke toe

Rugby is ‘n dramatiese spel wat homself leen tot wonderlike vergelykings, maar die standaardrugbykommentator se kokertjie metafore is maar skraal. Een waarvoor daar ‘n besondere verknogtheid bestaan, van Kobus Wiese tot Warren Brosnihan, is om dit met boks te vergelyk … Lees verder

Kop op die Blok sê: Wees stil my hart, die beker is blou

Voetbal word dikwels as ‘n metafoor vir oorlog gebruik. Maar die vergelyking kan ook anderkant toe vloei, want, maak geen fout nie, môre op Loftus is dit oorlog, en dit is oorlog vir die afficionado, ‘n keurslag tussen twee plettermagte … Lees verder

WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte

Die WP het gister ‘n voorsprong van een punt probeer verdedig en daarom met twee punte verloor. Dit is die droewige waarheid waaroor die Kapenaars vandag moet probeer kom. Met twaalf minute in die wedstryd voor, en loshande met een … Lees verder

Kop op die Blok: WP se seuns nie mans genoeg

Geykte uitdrukkings vloei hierdie hele week uit die Kaap uit. Dis asof hulle ‘n trommel vol stempels het, elkeen met ‘n cliché op, en wanneer die halfeindrondtetyd in die Curriebekerseisoen is, trek hulle dit nader.

Tjap! Dis ‘n uitklopwedstryd en … Lees verder

Griekwas se kaartehuis tuimel in op Loftus

Moet net nie vandag vir Dawie Theron vertel hoeveel jy al vir ‘n Hallmark-kaartjie betaal het nie, of selfs vir ‘n verkeerskaartjie nie. Gister op Loftus het die Grikewas twee geel kaarte gekoop teen 34 punte, die wedstryd en waarskynlik … Lees verder

Vrystaat verloor op punte

Die Vrystaat het ‘n ongekompliseerde rugbyfilosofie: Om ‘n wedstryd te wen, moet jy sorg dat jy meer punte as hulle het. Alte dikwels hierdie jaar het hulle teenstaanders meer punte as die Cheetahs gekry. Die Vrystaters hardloop en dryf en … Lees verder

Kop op die Blok: Nou vir die Blou

Omdat die Blou Bulle so ‘n stoere bydrae tot die Springbok-lotgevalle maak, het hulle seisoen die patroon van die afgelope paar jaar herhaal: Terwyl die hardebaarde met toetsspanne wedywer, word hulle plekke volgestaan deur belowende maar nat-agter-die-ore penkoppe. Hulle werk … Lees verder

Haaie boelie kalfies op Loftus

En ja, die Haaie sal darem baie meer manhaftig wees met Smit, Du Plessis, Muller, Kankowski, Pienaar en Frans Steyn in die poel. Die Bulle, dié weet die Haaie, wag vir veel magtiger versterkings, beeste soos Steenkamp, Matfield, die pyniger … Lees verder

Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus

Protesteer soos wat Haaie-afrigter John Plumtree wil, sy span neem te veel dinge vanselfsprekend aan. Die vernaamste daarvan is dat die plaasvervangers wat die Pretoriaanse Springbokke se plekke moet warm hou, nie die Blou Bul-rugbyfilosofie mooi ingestudeer het nie. ‘n

Lees verder

WP troef Bulle se ‘taktiese skoppe’

Gister se sege deur die WP oor 'n bra verdwaasde Blou-Bulspan is geen uitsondering nie. Die Bulle het halftyd 16-12 voorgeloop, en kan hulle sterre dank dat hulle teen afstaptyd net 25-19 verloor het.

Derick Kuün se verduideliking was eenvoudig

Ku?n en Hougaard in Blou-Bulspan

Kuün en Kruger gaan die skrum aan die sy van Jaco Engels anker met Steenkamp wat terug is in die tweede ry langs Flippie van der Merwe. 

Ludeke het sy ervare lostrio onveranderd gelaat, maar agterlangs sal Marius Delport in