Minister sê Guptas se naturalisasie was niks buitengewoons

Daar is niks buitengewoon oor die toekenning van naturalisasie-sertifikate aan die Gupta-familie nie, sê die minister daarmee belas.

Die voormalige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba het Dinsdag ‘n verklaring uitgereik waarin bevestig word dat dokumente wat op sosiale media … Lees verder

Lesotho al byna ingelyf by SA

Buurland Lesotho is byna al ingelyf by Suid-Afrika, want die twee “deel ‘n spesiale verhouding”. Dit is die mening van die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.

Hy het by die Maseru-grenspos gepraat en gesê dit moet makliker vir hul … Lees verder

SA uitgedaag om Moslemveelwywery te erken

Die Vroueregsentrum gaan die Suid-Afrikaanse regering in die Wes-Kaapse Hooggeregshof uitdaag om Moslemveelwywery te erken.

Moslemvroue is glo ongelukkig oor die versuim om Moslemhuwelike amptelik te aanvaar.

Verskeie regeringsdepartemente insluitende Binnelandse Sake staan die aansoek teen.

‘n Prokureur, Hoodah Abrahams-Fayker, … Lees verder

Binnelandse Sake krabbel terug oor reisvereistes

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het teruggekrabbel oor omstrede reisvereistes vir kinders wat na en van Suid-Afrika reis.

Volgens die verklaring is die volledige geboortesertifikaat nie meer nodig wanneer albei ouers met geldige paspoorte en visums vir hulself en … Lees verder

Binnelandse Sake kry nuwe bankkaarte

Die dae van korrupte en onbekwame amptenare by die Departement van Binnelandse Sake is glo iets van die verlede, het RSG berig.

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba het dit gesê by die bekendmaking van die “Motho Pele”-inisiatief by … Lees verder

Minister kap korrupte geboorteregistrasie

Die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het sekere kerkleiers en oneerlike tradisionele stamhoofde daarvan beskuldig dat hulle met korrupte staatsamptenare saamwerk om Suid-Afrikaanse geboortes te registreer vir mense wat nie hier gebore is nie.

Aansoeke vir geboortesertifikate het aansienlik … Lees verder

Meer as 30 taalfoute in verblyfpermit

Benewens die foute in rooi, is daar ook ander‘n Permit vir permanente verblyf van die departement van binnelandse sake bevat meer as 30 Afrikaanse taalfoute. ‘n PRAAG-rubriekskrywer, Thys Human, het dit onder ons aandag gebring.

Dit lyk asof die permit, ‘n amptelike dokument met regsgeldigheid, deur hetsy ‘n … Lees verder