Olifante se toekoms lyk donker

’n Meerderheid van twee derdes van Cites se lidlande het by die 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg besluit om ivoorhandel finaal die nekslag toe te dien.

Hulle het ‘n raamwerk … Lees verder

Leeuteel: Jagters gebraai, maar stropers nie

‘n Toerisme deskundige, Melville Saayman sê, om volhoubare toerisme en ekonomiese groei in Suid-Afrika te verseker, moet ‘n leeuteelprogram ontwikkel word.

Saayman het al voorheen oor die implikasies van die jag van leeus in gevangenskap gepraat.

Sekere vyandige nieregeringsorganisasies wil … Lees verder

Waterskilpaaie ontwrig lugverkeer by JFK

Meer as 400 waterskilpaaie het vlugte in New York vertraag omdat hul broeigebied naby die aanloopbane by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe is.

Tot dusver is 396 skilpaaie opgemerk by JFK-lughawe tydens migrasie vanjaar wat tans aan die gang … Lees verder

Polisie brand los op San-jagters in Namibië

Die Namibiese polisie het op ‘n groepie Barakwena San in die westelike deel van die Zambezi-streek losgebrand terwyl hulle op ‘n oes-ekspedisie vir duiwelsklou was.

Die San het ‘n permit van die ministerie van die omgewing en toerisme om duiwelsklou … Lees verder

Breëkoparendster van TV-reeks word boskos

‘n Breëkoparend uit die Kruger Nasionale Park, die ster van ‘n Britse bewaringstelevisiereeks Fierce, is deur bestaansboere in Mosambiek gejag, het navorsers van die Universiteit van Kaapstad bevestig.

Die wyfiebreëkoparend van 4,6kg is vroeër vandeesmaand tydens ‘n dokumentêre program … Lees verder

Swart wildbewaarder skop ietermago genadeloos vir foto

‘n Video van ‘n swart veldwagter se vreemde houding teenoor ‘n ietermago is op YouTube gelaai.

Die veldwagter het tydens ‘n nagrit by Punda Maria in die Kruger Nasionale Park uit sy voertuig gespring en die dier hardhandig begin skop … Lees verder

Kenia verbrand stapels ivoor

Natuurbewaarders van Kenia se natuurlewe dienste (KWS) het olifanttande op ‘n brandstapel in Nairobi se nasionale park uitgepak om te vernietig.

Dié stap is geneem ter voorbereiding van ‘n geskiedkundige verbranding van tonne ivoor, renosterhorings en ander gekonfiskeerde natuurlike trofeë. … Lees verder

Stropers se gif lei tot bewaringstragedie

Stropers gebruik deesdae gif teen wild in Suid-Afrika se Nasionale Parke.

Die Kruger Nasionale Park (KNP) het Saterdag op ‘n olifantkarkas, 110 dooie witrugaasvoëls, twee leeumannetjies en twee jakkalse afgekom wat weens wildvergiftiging gevrek het.

Daar is nog net 1 … Lees verder

Nog 22 olifante in Zim vergiftig

Minstens 22 meer olifante is dood nadat hulle deur vermeende wilddiewe naby Zimbabwe se grootste wildreservaat vergiftig is, het AFP berig.

“Ons het Maandag 22 olifantkarkasse in die Sinamatela-gebied ontdek en tot dusver het ons 35 olifanttande gevind,” het Caroline … Lees verder

Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm

Terwyl plaasmoorde en -aanvalle voortwoed, kan renosters darem voortaan rustig slaap.

Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in … Lees verder

Groep wil handel in renosterhoring gewettig hê

‘n Groep Suid-Afrikaanse renostertelers het die regering hof toe geneem om die plaaslike verbod op renosterhoringverkope opgehef te kry, het voorsitter van die groep Donderdag gesê.

Wettiging van horinghandel sal help om die bedreigde spesies te red, het die Private Lees verder

Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Vyf vermeende renosterstropers het Maandag in die KwaMsane Landdroshof in Kwazulu-Natal verskyn waarna hulle op R5 000 borgtog elk vrygelaat is, het News24 berig.

Die vyf mans is 13 Junie in hegtenis geneem na ‘n wenk dat renosterstropers op pad … Lees verder

Duitse popster wil Namibiese renosters red

‘n Derde witrenoster is op die wildsplaas Okamahoro wes van Okahandja in Namibië gestroop, het die Republikein berig.

Volgens die polisie van die Otjozondjupastreek is die renoster met 10 geweerskote neergevel. In Mei is ook twee witrenosters op dié plaas … Lees verder