Ná jare van korrupsie, plundery en wanbestuur, is Eskom kennelik besig om al hoe verder in duie te stort want die elekrisiteitsverskaffer het gister (Saterdag) deurnagbeurtkrag van 16 tot 17 Maart aangekondig. Terwyl Eskom die Mosambiekse tifoon daarvoor blameer, is … Lees verder
Etiket: beurtkrag
Beurtwater vir Gauteng ingestel
Gautengers kan binnekort uitsien na beurtwater. Rand Water sê die vraag is groter as die water wat in opgaardamme beskikbaar is.
Die instelling sê om aan die hoër vraag te voldoen moet water uit opgaardamme vrygelaat word wat die provinsie … Lees verder
Beurtkrag wink terwyl steenkoolskermutselinge woed
Beurtkrag kan weer vandeesweek in werking tree nadat dit vir vyf weke lank nie ingestel is nie.
Eskom het vroeër gewaarsku dat die kragnetwerk die volgende paar dae onder druk kan kom weens instandhoudingswerk by die Cahora Bassa hidro-elektriese-aanleg in … Lees verder
TLU: Eskom se dreigemente onaanvaarbaar
TLU SA sê hy is verheug oor die feit dat NERSA voorlopig geen verdere tariefverhogings aan Eskom toegestaan het nie, maar dit is onaanvaarbaar dat Eskom nou met meer beurtkrag dreig.
NERSA het besluit om nie Eskom se aansoek vir … Lees verder
Derde dood weens beurtkrag en wanbestuur
Drie pasiënte is na bewering reeds dood tydens beurtkrag by die Letaba-hospitaal in Limpopo, nadat die familielid van ‘n derde pasiënt wat gesterf het, na vore gekom het.
Dit weerspreek die departement van Gesondheid se verklaring dat slegs een dood … Lees verder
Eskom hou openbare verhore oor hoër tariewe
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal vandag en môre openbare verhore hou om Eskom se voorgestelde verhoging in die verbruikersprys van elektrisiteit te bespreek.
Die elektrisiteitsverskaffer het Nersa verlede maand genader om die verhoging aan te vra want munisipaliteite … Lees verder
Bergpasse sluit, plakkershutte oorstroom, beurtkrag aangepas
Sneeu en ysige windtoestande kom sedert Dinsdagaand voor oor die grootste dele van die hoogliggende gebiede in die Oos-Kaap en omliggende gebiede.
‘n Woordvoerder sê sneeu is ook in Lesotho en die Oos-Vrystaat aangemeld. Verskeie bergpasse moes gesluit word.
Nat … Lees verder
Groot polisieteenwoordigheid na skietery by Medupi
Die polisie moes in groot getalle by die Marapong-lokasie in Ellisras (Lephalale) in Limpopo ontplooi word na ‘n skietvoorval.
Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en ander polisiebeamptes patrolleer tans die gebied.
Twee konstruksiewerkers van Eskom se Medupi-kragstasie is gewond … Lees verder
R22 miljoen om Eskom se geldprobleme te bekyk
Sowat R22 miljoen word begroot vir die ondersoek om Eskom se finansiële probleme te ondersoek, het ANA berig.
Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het vandag gesê die geld sal uit Eskom se eie sak betaal word. Volgens haar sal … Lees verder
Steenkoolskaarste dreig by Eskom
Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig.
Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag.
Vroeër het … Lees verder
Na beurtkrag kom beurtwater
‘n Professor aan die Noordwes-Universiteit sê Suid-Afrikaners moet hulle staal vir ‘beurtwater’.
Kobus van der Walt het tydens ‘n konferensie van die Rooivleis-abattoir-vereniging in Kaapstad gesê Suid Afrikaaners kan in die volgende vyf jaar ‘beurtwater’ verwag en sal daadwerklik water … Lees verder
Beurtkrag vir die volgende drie jaar met SA
Beurtkrag gaan vir die volgende drie jaar ‘n werklikheid in Suid-Afrika wees, het die minister van Openbare Ondernemings gewaarsku.
Lynne Brown het vroeër gesê Suid-Afrikaners sal moet saamleef met voortdurende kragonderbrekings.
Volgens die minister sal instandhouding by Eenheid Een van … Lees verder
Eskom-gemors weens politiekery sê ekonoom
Dawie Roodt, ekonoom, het tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika se ekonomie R360 miljard groter sou gewees het as Eskom beter bestuur was.
Dawie Roodt het gesê kragonderbrekings kom voor weens voortdurende politieke inmenging.
Eskom sukkel om die ligte aan … Lees verder
Eskom kondig Fase 1-beurtkrag aan
Eskom het aangekondig dat hulle Fase 1-beurtkrag en kragvermindering van 06:00 vanoggend tot 22:00 vanaand sal toepas.
Dit volg nadat Eskom gister Fase 2-beurtkrag rondom 16:00 gistermiddag tot Fase 3-beurtkrag verhoog het.
Fase 3-beurtkrag is Dinsdag omstreeks 16:00 in werking … Lees verder