Hoofpad wes van Johannesburg onveilig na oproer

Motoriste word aangeraai om Albertina Sisulu-weg langs die Princess plakkers wes van Johannesburg te vermy na kligooiery Donderdagaand.

Daar was vroeër steeds rommel, klippe en gebrande buitebande in die pad. Dit is nog nie duidelik waaroor gemeenskapslede oproer pleeg het … Lees verder

Ontevredenheid heers in Delmas oor munisipale afbakening

Ontevrede inwoners in die Victor Khanye munisipale distrik van Delmas in Mpumalanga, het ‘n memorandum met griewe oorhandig oor samesmeltingsplanne vir die munisipaliteit, het RSG berig.

Skole en sake-instellings in die gebied het Maandag tot ‘n stilstand gekom toe inwoners … Lees verder

62 vas vir openbare geweld in Durban

Twee-en-sestig studente is Dinsdag vir openbare geweld in hegtenis geneem tydens ‘n betoging by Durban se Universiteit van Tegnologie, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Die studente het oproerig geraak en polisievoertuie met klippe bestook. Een polisieman is tydens die … Lees verder

UJ-kampus met waterkanonne begaanbaar gemaak

Betogende studente van die universiteit van Johannesburg wat die kampus ongbegaanbaar wou maak, is Woensdag en Donderdagoggend deur die polisie met waterkanonne uitmekaar gejaag.

Studente wat aan die studente-organisasie Sasco behoort, eis dat tersiëre onderrig gratis moet wees.

SA Students … Lees verder

Ses aangekeer na aanval op polisiestasie

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat ‘n skare mense klippe na die Emawotipolisiestasie buite Durban gegooi het.

Sowat 500 mense het Sondag buite die polisiestasie betoog en aangedring daarop dat ‘n lid van die gemeenskap wat … Lees verder

Kliniek, biblioteek afgebrand

Ontstoke inwoners van Lydenburg se Mashishinglokasie in Mpumalanga het motoriste oor die naweek onder klippe gesteek en 'n kliniek afgebrand, het die polisie Maandag bekend gemaak.

"Die kliniek is Sondagaand deels in 'n brand verwoes. Dit is die enigste kliniek … Lees verder

Pad by Diepsloot weer oopgestel na oproer

Paaie en deurpaaie naby Diepsloot, Johannesburg, is Maandagoggend veilig vir motoriste verklaar deur 'n polisiewoordvoerder. Dit volg nadat geweld oor die naweek weer uitgebreek het in die lokasie.

Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê: "Alles was kalm gedurende die nag,

Lees verder

Agt mense vas na geweld in Diepsloot uitbreek

Agt mense is Maandag in hegtenis geneem na geweld in Diepsloot, Johannesburg, uitgebreek het, volgens die polisie.

"Ons het agt mans om twee uur vanmore (Maandag) in hegtenis geneem, net voor die situasie kalmeer het," het inspekteur Daniel Mavimbele gesê.

Lees verder