Terugslae vir Trump en Hillary in Wisconsin

Die senator van Texas, Ted Cruz, het gisteraand Suid-Afrikaanse tyd oor Donald Trump geseëvier in die Republikeinse nominasiestryd in die deelstaat Wisconsin. In die Demokratiese resies het die senator van Vermont, Bernie Sanders, op sy beurt vir Hillary Clinton geklop … Lees verder

VS-benoemingstryd: Donald Trump wen gister 4 uit 5 deelstate

Mnr. Donald Trump het gister vier uit die vyf benoemingstryde vir die Republikeinse Party se presidensiële kandidaatskap gewen: Florida, Missouri, Illinois en Noord-Carolina, maar moes die belangrike Ohio aan sy mededinger John Kasich afstaan. Ohio is die tuisstaat van Kasich, … Lees verder

Trump wen Suid-Carolina

Die miljardêr-sakeman Donald Trump het die Republikeinse nominasiestryd in die suidelike Amerikaanse staat van Suid-Carolina Saterdag gewen.

Die aantal kandidate wat deelneem om as die party se kandidaat aangewys te word, het gekrimp met die voormalige goewerneur van Florida, Jeb … Lees verder

Twee Republikeine blaas die aftog

Die Amerikaanse deelstaat New Jersey se Goewerneur Chris Christie en voormalige sakevrou Carly Fiorina het uit die Republikeine se benoemingstryd getree.

Hulle het beide die beëindiging van hul veldtogte vir die 2016 Republikeinse nominasie aangekondig, en ruimte gelaat in die … Lees verder

Amerikaanse benoemingstryd skop af

Die verkiesing van kandidate vir Amerika se presidentsverkiesing in November het in alle erns begin.

Iowa is die eerste staat om sy presidentskandidate te verkies.

Republikeine het Ted Cruz as hul kandidaat gekies, nadat daar vroeër ‘n driehoekige stryd tussen … Lees verder

Trump en Carson voorlopers in Republikeinse debat

Aanspraakmakers in die Republikeinse party se nominasiestryd om presidentskandidaat het Dinsdag tydens die vierde verkiesingsdebat kleigetrap met nie een wat uit die bondel kon ontsnap nie.

Die debat is gekenmerk deur snydende aanmerkings oor immigrasie en nasionale veiligheid, maar minder … Lees verder

Vaalseun Bush ver agter in nominasiestryd

Jeb Bush het vasgeval in die Republikeinse nominasieproses nadat sy kandidatuur in die Amerikaanse presidentsverkiesing ‘n ernstige knou gekry het, het AFP berig.

Bush was aanvanklik vol vertroue dat dit ‘n maklike stryd sou wees.

Om die seun van een … Lees verder