Suidelike halfrond in rugby-eindstryd na bedenklike beslissing

Al vier spanne in vanjaar se halfeindronde van die wêreldrugbytoernooi in Engeland is van onder die ewenaar.

Hulle sal volgende naweek teen mekaar meeding om te bepaal wie ‘n week later in die eindstryd gaan speel.

Die Suidelike Halfrond het … Lees verder

Brittanje wil militêr uitbrei op Falkland-eilande

Brittanje het aangekondig dat hulle hul omstrede militêre teenwoordigheid op die Falkland-eilande sal uitbrei.

Rusland is na bewering ook besig met ‘n transaksie om langafstand bomwerpers aan Argentinië te verhuur.

Argentinië hou vol dat Las Malvinas, soos hulle die eilande … Lees verder

Heli-ongeluk eis Olimpiese sterre

Agt Franse burgers, onder wie twee Olimpiese sportsterre en twee Argentiniërs is dood in ‘n helikopterongeluk in Argentinië, het RSG berig.

Volgens die Argentynse polisie het twee helikopters in die westelike provinsie La Rioja naby die Andes-berge teen mekaar vasgevlieg. … Lees verder

Veiligheidsraad sit oor Israeliese besetting

Palestynse betogers het Dinsdag brandende motorbande opgestapel tydens ’n betoging teen die ont­eiening van Palestynse grond, het AFP berig.

Die stuk grond is deur Israel in die Kafr Qaddum-nedersetting naby Nablus in die besette Wesoewer-gebied­ teruggevat.

Onderhandelinge tussen Israel en … Lees verder

Argentinië, Egipte smee opnuut bande

Die Argentynse minister van buitelandse sake Hector Timerman het besoek gebring aan Egipte met ‘n groot sake-afvaardiging waar hy verlede naweek met president Al-Sisi en Sameh Shoukry, die minister van buitelandse sake ontmoet het.

Die samewerking tussen die twee lande … Lees verder

Stoei terug vir 2020 Spele

stoeiEen van die wêreld se oudste sporte, stoei, het sy plek op die Olimpiese Spele se Sportrooster behou nadat die sportliggaam oorweeg het om dit af te haal vir 2020.

Ná ‘n stemmery deur die Internasionale Olimpiese Komiteelede in Buenos … Lees verder

Veiligheidsraad verdeel oor Egipte

egipte4Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n beroep op die Egiptiese regering en die Moslembroederskap gedoen om hulle van geweld te weerhou en versoening na te streef.

Die Raad het na ‘n noodsitting Donderdagnag egter nie ‘n konsensus-verklaring kon … Lees verder

Oliebron van alle kwaad

Britse olie-eksplorasie in die see by die Falklandeilande het Argentinië as aanspraakmaker op dié eilande opnuut die harnas in. Dié keer het Argentinië ook die steun van bykans alle Latyns-Amerikaanse lande, en die Argentynse pers bespiegel dat die saak ‘n … Lees verder