Samesprekinge oor onwettige grondbesetting in Kathu

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in die Noord-Kaap voer samespreking met die Gamagara-munisipaliteit se bestuur oor onwettige grondbesetters naby Kathu.

Dit kom nadat meer as 1000 huishoudings in Mapoteng naby Kathu uitgesit is. Sowat 1200 plakkershutte is … Lees verder

NGV sal nie amptenare in al-Basjir-saak vervolg nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag het verklaar dat hulle sal wag vir die regering se verdere appélproses oor die al-Basjir kwessie.

Die NGV gaan dus nie dadelik met strafregtelike vervolging begin nie, het Luvuyo Mfaku gesê.

Die Vervolgingsgesag sê daar kan eers … Lees verder

Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Motoriste­ in die Wes-Kaap sal drie keer meer tolgeld moet betaal as in Gauteng­ vir Sanral se beplande­ N1- en N2-Wynland-­tolprojek.

Die Kaapse stadsraad­ en Sanral se geding oor geheimhouding wat die tolprojek betref, is in die appèlhof­ in Bloemfontein … Lees verder

E-tol op pad na Zuma wet onderteken

President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken – wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag gesê.

“Die president… het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die Vervoerwette … Lees verder

Zuma mag appelleer oor spioenasiebande

Regter Rammaka Mathopo het Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof verlof tot appèl aan president Jacob Zuma se regspan toegestaan ivm die openbaarmaking van transkripsies van die omstrede spioenasiebande.

Hulle voer aan dat die bande vertroulik is en kan Zuma benadeel Lees verder

‘Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?’

“Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?” is die vraag wat die VF Plus-jeug vandag tydens ‘n stil-protesaksie buite die Appèlhof  in Bloemfontein aan die ANC-regering gestel het.

Die VF Plus-jeug het aangedui dat dit die eerste van ‘n reeks … Lees verder