AU help om al-Sjabaab uit Somaliese dorp te verdryf

Die Somaliese nasionale weermag (SNA), met die ondersteuning van troepe van die Afrika-uniesending in Somalië (Amisom) het Dinsdag die Mir-tugo-nedersetting in die sentrale deel van die Middel-Shabellestreek van Al-Sjabaab militante ingeneem.

Volgens ‘n weermagoffisier, Abdullahi Mohamed, is geen weerstand van … Lees verder

Al-Sjabaab keer terug na dorpe waar AU-sending onttrek

Honderde Ethiopiese troepe het die week uit ’n dorp in die sentrale deel van Somalië onttrek. Dit is minstens die tweede gebied waaruit hulle in onlangse weke beweeg het.

’n Offisier het aangekondig dat die soldate uit El-Ali in die … Lees verder

Kenia se verkiesingskommissie bedank

Die kommissarisse van Kenia se verkiesingskommissie het Woensdag bedank as deel van ’n ooreenkoms met opposisiepartye, wat vroeër vanjaar gewelddadige betogings in die land teen die kiesstelstelsel gelei het.

Die aankondiging dat al tien lede van die onafhanklike verkiesings- en … Lees verder

Dertien gedood in motorbomaanval

In die aanloop tot die presidentsverkiesing in Somalië dié maand, is die militante Islamitiese groep, al-Sjabaab, besig om sy aanvalle te verskerp, het Reuters berig.

Militante het Sondag twee motorbomme buite ‘n polisiebasis in Somalië se hoofstad, Mogadishu laat ontplof … Lees verder

Veertien kom om in al-Sjabaab-aanval op Somaliese hoofstad

Minstens 14 mense is dood toe die ekstremistiese, Islamitiese groep al-Sjabaab ’n hotel in Somalië se hoofstad, Mogadisjoe, beset het.

Die aanval het met ’n kragtige ontploffing by die ingangshek begin, het AP berig.

“Ons het uiteindelik die beleg beëindig. … Lees verder

Dodetal styg na Al-Sjabaab-aanval in Mogadisjoe

Die dodetal in die aanval op ‘n hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe het tot 16 gestyg en sal na verwagting verder styg. Ongeveer 55 mense is gewond.

Al-Sjabaab het verantwoordelikheid vir die aanval op die Ambassadorhotel aanvaar waar ‘n … Lees verder

Al-Sjabaab verantwoordelik vir Somaliese selfmoordbom

’n Islamitiese militante selfmoordbomaanvaller het die week in die outonome Somaliese streek, Puntland, sy arms om ’n plaaslike ampenaar gesit asof hy hom wou omhels en toe albei die lug ingeblaas.

Die militante Islamitiese groep, al Sjabaab, teiken gereeld staatsamptenare … Lees verder

Al- Sjabaab weer glo aanval af

Volgens die Islamitiese groep Al-Sjabaab, het hulle ‘n aanval op een van hul basisse in die suide van Somalië afgeweer.

Buitelandse kommando’s het glo met twee helikopters ingevlieg en die aanval geloods. Een Al-Sjabaab-militant is in die aanval dood.

Sjeik … Lees verder

Terreur-oefening lei tot dood van student

Mediese beamptes moes bystand verleen aan beseer­de studente by die Nairobi-wes hospitaal in Kenia.

‘n Veiligheidsoefening om die Strathmore Universiteit se gereedheid in geval van ‘n terroriste aanval te toets, het skeefgeloop en ‘n stormloop het gevolg nadat geweerskote gehoor … Lees verder