Standerton gaan ‘onregeerbaar raak’

Die Lekwa-munisipaliteit op Standerton het vandag gereageer op die inwoners se dreigement om Standerton “onregeerbaar te maak” deur vir ‘n “kommunikasieplatform” te vra.

“Daar behoort ‘n kommunikasieplatform te wees, ongeag of hulle tevrede mer die munisipaliteit is of nie,” het … Lees verder

Standerton gespanne

Betogings in Standerton het Donderdag uitgebreek by die Sakhilelokasie toe inwoners die paaie met klippe en ander voorwerpe versper het, het Mpumalanga polisie gesê.

“Honderde inwoners het die R23 met klippe en bande en ander voorwerpe versper en motoriste verhoed … Lees verder

Polisie noem brandstigting ‘vreedsaam’

‘n Munisipale beampte se huis is tydens ‘n protesoptog oor dienslewering deur ontstoke inwoners met ‘n petrolbom afgebrand.

Kaptein Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die speaker se huis in die Sakhile-lokasie in Standerton is Sondagmiddag erg beskadig.

“Die … Lees verder

Munisipale kantore afgebrand

Munisipale kantore in Standerton is Saterdagoggend aan die brand gesteek nadat betogings weens swak dienslewering plaasgevind het, het Mpumalangapolisie gesê.

Kaptein Leonard Hlathi het gesê die inwoners van die Sakhilelokasie het Vrydag betoog teen die departement van water en ligte … Lees verder

Polisie in Vishoek onder klippe gesteek

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om honderde inwoners van Masiphumelele, buite Vishoek in die Wes-Kaap, uitmekaar te jaag. Binnebande is aan die brand gesteek en die polisie is met klippe bestook.

Die inwoners is ontstoke oor 'n gebrek

Lees verder

Onrus brei uit na Meyerton en Balfour

Inwoners van Meyerton, suid van Johannesburg, het Woensdagoggend in opstand gekom volgens die polisie van Vereeniging.

Kaptein Shado Mashobane sê die oproer vind plaas op die pad tussen Meyerton en Kliprivier.

Hy kon nie verdere besonderhede verskaf oor gebeure daar

Lees verder

Openbare geweld dreig aan Oosrand

ImagePolisie het Dinsdag rubberkoeëls gevuur om 200 hostelbewoners in Thokoza op die Oosrand wat oor dienslewering betoog het. uitmekaar te jaag.

Die inwoners het by nog voor die son opgekom het teen 4:30vm in Khumalostraat byeengekom, volgens Kaptein Mega Ndobe

Lees verder

Betogers versper pad tussen Sun City en Brits

Een persoon is beseer en drie is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandagoggend met rubberkoeëls op 'n skare betogers losgebrand het naby Rustenburg, het die SAUK berig.

Honderde inwoners van Lekgalong, Lethabong en Ikageng het die pad tussen Sun

Lees verder

Een kritiek nadat polisie rubberkoe?ls in Khayelitsha gebruik

Een persoon is in ‘n kritieke toestand nadat die polisie Dinsdagaand met rubberkoeëls op betogers in Khayelitsha geskiet het.

”Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en metro-polisie het op meer as 15 mense met rubberkoeëls geskiet tydens gister se betogings. Een

Lees verder

Kliniek, biblioteek afgebrand

Ontstoke inwoners van Lydenburg se Mashishinglokasie in Mpumalanga het motoriste oor die naweek onder klippe gesteek en 'n kliniek afgebrand, het die polisie Maandag bekend gemaak.

"Die kliniek is Sondagaand deels in 'n brand verwoes. Dit is die enigste kliniek … Lees verder

Pad by Diepsloot weer oopgestel na oproer

Paaie en deurpaaie naby Diepsloot, Johannesburg, is Maandagoggend veilig vir motoriste verklaar deur 'n polisiewoordvoerder. Dit volg nadat geweld oor die naweek weer uitgebreek het in die lokasie.

Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê: "Alles was kalm gedurende die nag,

Lees verder

Oproeriges maak N4 na Botswana onbegaanbaar

Inwoners van Lehurutse naby Zeerust het Woensdag die N4 na Botswana versper en motoriste onder klippe gesteek.

Hulle is opstandig oor 'n gebrek aan water. Die probleme bestaan reeds van verlede jaar af.

Daar is vir lang tye geen water

Lees verder

Agt mense vas na geweld in Diepsloot uitbreek

Agt mense is Maandag in hegtenis geneem na geweld in Diepsloot, Johannesburg, uitgebreek het, volgens die polisie.

"Ons het agt mans om twee uur vanmore (Maandag) in hegtenis geneem, net voor die situasie kalmeer het," het inspekteur Daniel Mavimbele gesê.

Lees verder