Orange Farm in oproer

Orange Farm, die grootste en jongste plakkerskamp buite Johannesburg, is in oproer nadat inwoners die strate ingevaar het om te betoog teen swak dienslewering.

Die polisie het van rubberkoeëls gebruikgemaak om onlusmakers uitmekaar te jaag.

‘n Polisieman is in die … Lees verder

Ventersdorp geraak deur diensleweringsgeweld

Minister Sicelo Shicka het inwoners van die Tshinglokasie Maandag ontmoet na grootskaalse protes en geweld oor swak dienslewering gedurende die pas afgelope naweek plaasgevind het, het die ANC van Noordwes bevestig.

Die vergadering is in die stadion van Tshing  gehou … Lees verder

Hartebeespoortdam loop tans vol riool

Rioolafval van miljoene liter van die Madibeng-munisipaliteit stroom al sowat ’n maand lank elke dag in die Hartbeespoortdam luidens ‘n berig in Beeld.

Madibeng sluit Brits, Hartbeespoort, Mothlutlung, Damonsville en Letlhabile in waar ‘n groot aantal pompe buite werking is … Lees verder

Woedende skare steek DA onder klippe

Brandende versperrings het DA-leier Helen Zille gister begroet noord van Pretoria toe sy Mabopane en Slovoville, Winterveld, besoek het om met inwoners oor diensleweringsprobleme te praat.

Polisieversterkings moes ingeroep word nadat Zille en haar adjudante onder klippe gesteek is. Solly … Lees verder

21 in Noordwes vas oor geweld

21 mense, waaronder agt jeugdiges, is in hegtenis geneem vir openbare geweld tydens ‘n protesoptog oor dienslewering in Seweding naby Mafikeng in die Noordwes.

Supt. Lesego Metsi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê sowat 500 inwoners het bande aan die brand gesteek … Lees verder

Zille gee lys wette wat dienslewering ophou

Helen Zille, Wes-Kaapse premier het ‘n lys van nasionale wette wat dienslewering in die provinsiale regering vertraag, aan die presidensie, regering asook die ministerie vir tradisionele aangeleenthede oorhandig.

Dít kom na ‘n versoek wat pres. Jacob Zuma aan die Wes-Kaapse … Lees verder

Burgemeester van Pretoria uit haar amp geskors

Die Vryheidsfront Plus het betroubaar verneem dat die Burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr. Gwen Ramokgopa, tydelik uit haar amp geskors is. Verder is die stadsbestuurder, Kiba Kekana asook lede van die Burgemeesterskomitee, nl. Absolom Ditshoke en Zodwa Masondo uit hulle … Lees verder

Ses aangekeer na aanval op polisiestasie

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat ‘n skare mense klippe na die Emawotipolisiestasie buite Durban gegooi het.

Sowat 500 mense het Sondag buite die polisiestasie betoog en aangedring daarop dat ‘n lid van die gemeenskap wat … Lees verder