Ondersoekbeampte na lugambulans-ongeluk skielik afgedank

Die Suid-Afrikaanse hoofondersoekbeampte van die vliegongeluk van die lugambulans van E-Med Rescue 24 op 16 Augustus by Kaapstad, is in die pad gesteek, het die Republikein berig.

Die Namibiese direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke het ’n e-pos van die Suid-Afrikaanse burgerlugvaart-kantoor ontvang … Lees verder

Burgerlugvaartowerheid weier toegang tot ambulansvlug-opnames

Die Bestuurshoof van die Prosperity Groep en van E-Med Rescue 24 Namibië, Bertus Struwig sê hulle sal voortgaan met hulle stryd om toegang te kry tot die vlugopnames van die ambulansvlug wat verlede naweek verongeluk het.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het … Lees verder

Namibiese president lê klem op SAOG se kragvoorsiening

President Hage Geingob het by sy intreetoespraak by die SAOG-spitsberaad in Gaborone gesê die armes kan nie natuurlike hulpbronne, demokrasie of grondwette eet nie.

“Ons mense kan nie natuurlike hulpbronne eet nie. Ons mense kan nie demokrasie eet nie. Ons … Lees verder

Buitelandse student by kultuurfees gesteek

’n Buitelandse student by die Universiteit van Namibië (Unam) is Vrydag in ‘n parkeerarea op die hoofkampus in Windhoek met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die student is ’n Zambiese burger en die onder­onsie was oor ’n selfoon. Die student verkeer … Lees verder

Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak

Die nasate van die volksmoordslagoffers wat ‘n lesing bygewoon het, verskil van die Duitse Evangeliese Kerk van Wesfale wat meen volksmoord in Namibië moet nie slegs tot twee stamme beperk word nie.

Dit is verlede week deur dr. Ulrich Möller … Lees verder

Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president

Namibië se pres. Hage Geingob het in ‘n onderhoud met die Republikein gesê die beplande grondgrypaksie sou die land in chaos gdompel het.

“Baie mense is onbewus van wat kon gebeur het, as ek nie die vergadering met die Beweging … Lees verder

Bekende Windhoeker in plaasaanval doodgeskiet

Die 76-jarige mnr. Gerald Leitner is Vrydag op sy plaas in die Hochfeld-omgewing sowat 76 km buite Okahandja deur vyf verdagtes aangeval en doodgeskiet.

Die Republikein berig dat niemand nog in verband met sy dood in hegtenis geneem nie.

Volgens … Lees verder

Namibiese kragvoorsiener dank bestuurslede af

NamPower se besturende direkteur en twee ander senior bestuurders is summier deur die maat­skappy se sekretariaat in kennis gestel dat hulle hangende ’n dissiplinêre ondersoek, geskors word.

Die bestuurende direkteur wat aangesê is om sy kantoor te ontruim sodat die … Lees verder

‘Soos ‘n hond doodgeskiet’

’n Bekende inwoner van Grootfontein, mnr. Peter (Piet) Jakob (52), is Dinsdagaand op sy ma se kleinhoewe buite die dorp doodgeskiet.

“Hy is soos ’n hond doodgeskiet,” het ’n bekende sakeman van dié Noordedorp, mnr. Seeff Oosthuizen, gesê. Hy was … Lees verder

Koreaan met houtswaard teen swart aanvallers

Dit was ’n swart bende met ’n hand­wapen teen ’n Koreaan met ’n Oosterse houtswaard toe geweld Sondagaand net voor elfuur in ’n dubbelverdiepinghuis teenaan die Walvisbaaise strandmeer losgebars het.

Die Oosterse swaard het een barshou ingekry en die Koreaan … Lees verder

Leon Lemmer: Dirk Mudge oor die onafhanklikwording van Namibië

Dit is algemeen bekend dat Dirk Mudge (gebore in 1928) ‘n leidende rol in die onafhanklikwording van Suidwes-Afrika (SWA, nou bekend as Namibië) gespeel het. Die blanke bewind in Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) het in 1980 tot ‘n val … Lees verder

Duitsland erken Namibiese volksmoord

Of daar ’n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in dié land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was.

Volgens internasionale media het die Duitse … Lees verder

Harry se raadgewers skarrel om redes vir besoek op te dis

Prins Harry het dié week ’n hamburger as wegneemete by ’n eetplek op Mariental bestel.

Dit lyk asof sy Britse raadgewers skielik skarrel om redes vir sy besoek aan te dik, nadat hy in Namibië opgemerk is.

Sy toergroep het … Lees verder