Duitsers aangemoedig om kos en water te berg

Duitsland het sy bevolking aangemoedig om kos en water te berg ter voorbereiding vir moontlike terroriste- of kuberaanvalle, in die eerste burgerlike verdedigingstrategie sedert die einde van die Koue Oorlog.

Die plan is die eerste breë opdatering sedert 1995, toe … Lees verder

SA maatskappye wil uit Nigerië kom

Die hotel- en ontspanningskonglomeraat Sun International het aangekondig dat hy Nigerië sal verlaat.

Sun International het gesê sy hotel- en casino-kompleks Federal Palace (foto bo) gaan voort in ‘n moeilike ekonomiese omgewing met Nigerië wat ‘n aantal krisisse, insluitend die … Lees verder

Kerry na Afrika te midde van stygende Moslembedreiging

Met die vredesooreenkoms in Suid-Soedan wat aan die uitrafel is en djihadiste wat voortgaan met aanvalle in Somalië, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, in Nairobi aangekom om met Kenia se pres. Uhuru Kenyatta samesprekings te voer.… Lees verder

Duitse polisie arresteer Isis-terreurverdagte wat fees wou aanval

‘n Man is na bewering in hegtenis geneem deur die Duitse polisie na sy planne om ‘n terroriste-aanval op ‘n fees in die dorp van Eisenhüttenstadt uit te voer, ontbloot is.

Plofstof is gevind in ‘n woonstel van die verdagte … Lees verder

Trump kondig die einde van nasiebou aan

Die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump het in ‘n belangrike beleidstoespraak die einde van “nasiebou” aangekondig.

“As ek president word, sal die era van nasiebou tot ‘n baie vinnige en beslissende einde gebring word,” het Trump beloof het bygevoeg dat … Lees verder

Geen demokrasie vir Somalië nie

Somalië sal op 30 Oktober na die stembus gaan vir presidentverkiesings. Parlementêre verkiesings sal volgende maand begin. Maar dit sal nie gewone verkiesings wees nie.

Internasionale ondersteuners van die Somaliese regering hoop dit sal ’n lankverwagte terugkeer van stabiliteit in … Lees verder

Mali gaan steeds gebuk onder djihadiste-aanvalle

Minstens vyf Malinese soldate word vermis ná ’n aanval in die sentrale Mopti-streek van Mali, waar gewapende Islamitiese ekstremiste aktief is, het ’n militêre woord­voerder gesê.

Die aanvallers het Maandag een van die weermag se posisies tussen Tenenkou en Sevare … Lees verder

VSA erken dat ISIS uitbrei

Ná die VSA Dinsdag nog lugaanvalle teen ISIS-teikens in Libië van stapel gestuur het – ‘n uitbreiding van Amerikaanse militêre operasies buite Irak en Sirië – het NBC News ‘n kaart van die globale uitbreiding van die terreurgroep bekom.

Die … Lees verder

Pous sê Islam is nie aan geweld gekoppel nie

Pous Franciscus het Sondag gesê dit is verkeerd om Islam aan geweld te koppel.

Dié uitspraak kom na veral ‘n reeks dodelike aanvalle deur die Moslemterreurgroep ISIS in Europa.

Hy het tydens ‘n mediakonferensie aan boord van ‘n vliegtuig gesê … Lees verder

Merkel hang aan ‘n draadjie

Angela Merkel se premierskap hang aan ‘n draadjie nadat duisende Duitsers opgeruk het om haar bedanking te eis en ‘n belangrike politieke bondgenoot sy steun aan Merkel onttrek het oor haar onbesonne immigrasiebeleid.

Meer as 5000 betogers het in Berlyn … Lees verder

Terreursaak teen SA tweeling gaan voort

Die terreursaak teen ‘n Moslemtweeling (23) sal in die Johannesburgse landdroshof voortgaan.

Die saak is Donderdag uitgestel nadat Brandon Lee en Tony Lee Thulsie van Newclare se regsverteenwoordiger `n aansoek teen hul aanhouding ingedien het.

Hulle regte name is Sallahoeddin … Lees verder

Turkye se ‘staatsgreep’ lyk na Islamitiese suiweringsveldtog

Nagenoeg drieduisend vermeende militêre samesweerders is in Turkye in hegtenis geneem, ná ‘n mislukte staatsgreep Vrydagnag.

Duisende regters, staatsaanklaers, militêre leiers en soldate is gevange geneem en lasbriewe vir die ander se inhegtenisname is uitgereik.

Verskeie regsgeleerdes, onder wie tien … Lees verder

Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle

‘n Geweer- en bomaanval op Istanbul se Ataturk Internasionale Lughawe Maandagaand het die lewens van 50 mense geëis.

Meer as 239 mense is in die aanval beseer. ‘n Polisiewoordvoerder sê drie aanvallers het by die ingang van een van die … Lees verder

Bomaanvalle eis lewens van minstens 24 in Afganistan

Meer as 20 mense het reeds die week in afsonderlike bomaanvalle in Afganistan omgekom.

Veertien veiligheidskontrakteurs van Nepal is dood toe die minibus waarin hulle gery het, deur ’n selfmoordbomaanvaller in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, aangeval is. Hulle is onder … Lees verder