N4 sluit weens oproer

Die N4 snelweg wat Rustenburg en Zeerust met mekaar verbind, was Woensdagaand gesluit weens die voortgesette diensleweringsbetogings in die plaaslike munisipaliteit op Zeerust in Noordwes.

Oproeriges het paaie met klippe en rommel versper.

Hulle het die strate ingevaar nadat water-en … Lees verder

Geskoolde personeel sal glo munisipaliteite regruk

Die regering beplan om hoogs geskoolde personeel in gebiede ontplooi waar die bestuursvermoë in sukkelende plaaslike munisipaliteite ontbreek.

President Jacob Zuma het die Presidensiële Koördinerende Komitee vroeër gelei.

Dié komitee het die Uniegebou in Pretoria vergader om senior regeringsamptenare, premiers … Lees verder

Oproer nadat kragdiewe doodskok

Sowat 500 oproeriges versper tans die R102 by Tongaat, noord van Durban met brandende bande en klippe.

‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die gemeenskap eis wateraansluitings en elektrisiteit.

Die oproer het begin toe drie mense Dinsdag doodgeskok het terwyl hulle … Lees verder

Vermy klipgooiers op Nasrec-, Hoofrifweg waarsku polisie

Inwoners van die voormalige bruin woonbuurt Riverlea in die suidweste van Johannesburg het Maandagoggend verbygaande voertuie op Nasrecweg, naby die N17, met klippe bestook.

“Betogers gooi klippe na motors en steek buitebande aan die brand,” het hoofsupt. Wayne Minnaar van … Lees verder

Geweld in Mosselbaai na kragdiewe ontkoppel word

Dertig protesgangers verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof op aanklagte van openbare geweld na gewelddadige protesoptrede sedert die naweek.

Nagenoeg 80 mense is sedert Sondag in die Kwanonqaba-township naby Mosselbaai in die Suid-Kaap in hegtenis geneem, het RSG berig.

Vier-en-dertig het … Lees verder

Onverdraagsaamheid teenoor buitelanders en blankes neem toe

Vlakke van xenofobie en onverdraagsaamheid teenoor buitelanders en blankes is aan die toeneem in Gauteng, het ‘n opname wat Donderdag vrygestel is, bevind.

“Vyf-en-dertig persent van alle respondente het gesê ons moet nou alle buitelanders huis toe stuur,” sê die … Lees verder

Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers

Wat vir Johan Erickson soos ’n klein waterlekkie gelyk het, het binne dae in ’n waterramp verander met derduisende rand se skade.

Erickson en Meyerstraat se inwoners in Wonderboom-suid, Pretoria, is Donderdagaand omstreeks 23:00 deur ’n geweldige slag wakkergemaak.’n Gebarste … Lees verder

Paaie sluit in Johannesburg-suid, Oosrand weens oproer

tyres2Oproerige inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, het Maandagoggend die strate ingevaar.

Die oproermakers het die R554 afgesper. Die polisie is in die gebied ontplooi.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die pad is gesluit tussen … Lees verder

EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering

Die Wes-Kaapse onderleier van die DA, het Dinsdag aan sakelui in Bell­ville gesê die EFF se kiesers kom van die DA.

“Weet julle die EFF het die meeste van sy kiesers van die DA getrek?” het Teuns Botha gesê en … Lees verder

Miljoene se skade by Bloemhof na oproeriges oorgaan tot brandstigting

fireSwart inwoners van Boitumelong by Bloemhof in Noordwes het die afgelope 48 uur miljoene rand se skade aangerig na hulle oorgegaan het tot grootskaalse brandstigting.

Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Die oproerige skare het vroeër ‘n vergadering … Lees verder

Nog verkiesingsgeweld in Lichtenburg, Zeerust, Bosbokrand

tyres2Bykomende polisielede is by Lichtenburg in Noordwes ontplooi waar woedende inwoners in die jongste verkiesingsgeweld Bodibe se paaie na die gebied met brandende bande en boomstompe afgesper het.

Dit volg na gewelddadige betogings by Bloemhof en Zeerust in die provinsie … Lees verder

Veertig vas vir oproer by Bloemhof

tyres2Die polisie het 40 mense by Bloemhof in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Die gewelddadige oproer was teen buitelanders en die burgemeester van Lekwatemane, Moeder Makodi gemik.

Oproerige inwoners van die Boitumeleng-township het Woensdagaand ‘n aantal eiendomme beskadig … Lees verder