Pennsilvanië se hoofstad bankrot?

Harrisburg, die hoofstad van Pennsilvanië, is die jongste Amerikaanse stad wat oorweeg om homself bankrot te laat verklaar. Maar, berig die Christian Science Monitor, dit sal dalk nie al stad, of selfs deelstaat, wees wat hierdie opsie volg om ‘n … Lees verder

Looi Amerikaners Obama omdat hy ‘smart’ is?

“Dit is tyd om Obama en die Demokrate se mislukte progressiewe eksperiment van die afgelope jaar te beëindig.”

Dat hierdie stelling deur ‘n Republikeinse senator in die deelstaat Montana gemaak is, is nie nuuswaardig nie. Wat nuuswaardig is, is dat … Lees verder

‘Red Haïti’ sê Clinton

Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, het korporatiewe sakeleiers by die Wêreldekonomiese Forum aangemoedig om die ramp in Haïti te gebruik as ‘n geleentheid om die rampgeteisterde Karibiese eilandbevolking van geslagtelange armoede te red.

“Hulle moet gehelp word deur hierdie … Lees verder

Nuwe rasseherrie rondom Obama se velkleur

obama en hillaryEen van die vername leiers van die Amerikaanse Demokratiese Party en meerderheidsleier in die senaat, Harry Reid, het verskoning aangeteken vir ‘n opmerking oor president Barack Obama se velkleur en taalgebruik. Ook oudpresident Bill Clinton het glo oor Obama gesê … Lees verder

Wolwe weer in die visier en sommiges roep ‘wolf, wolf!’

Grys wolfDie eerste jagseisoen in baie jare waartydens wolwe weer in Amerikaanse state soos Montana deur jagters onder skoot kan kom, het skaars sy eerste skoot opgelewer of ‘n storm woed. In Idaho het die wolfjagseisoen op 1 September geopen, en … Lees verder

Sjina spoor VSA tot sielsondersoek oor klimaat aan

Die VSA en Sjina het skerp aanmerkings gister uitgeruil tydens die Kopenhagen-klimaatsamesprekinge, wat die voortdurende agterdog tussen die wêreld se twee grootste koolstofbesoedelaars oor die egtheid van beloftes om uitlaatgasse te beheer, onderstreep het.

Die VSA se hoofonderhandelaar, Todd Stern, … Lees verder

Vredesproses in Midde-Ooste wys tamheid

Amerikaanse pogings om die vredesproses in die Midde-Ooste weer aan die gang te kry, het ‘n terugslag beleef nadat president Barack Obama en Israeli premier Benjamin Netanyahu se ontmoeting tekens van spanning getoon het.

Nadat die twee ‘n uur en … Lees verder