Vrystaat laks om polisiemisdrywe aan te meld

Waar polisiebeamptes in die Vrystaat betrap dat hulle oortree, is hulle laks om sulke sake aan te meld.

Volgens die jongste statistieke word oortedings waarby polisiebeamptes betrokke is nie graag ondersoek nie.

In vergelyking met ander provinsies, word die meeste … Lees verder

Haelstorm wat Bloemfontein tref, rig skade aan

‘n Onverwagse haelstorm het chaos in Bloemfontein veroorsaak. In sommige strate het haelkorrels reënwater laat opdam.

Opruimingswerk het Donderdagaand in verskeie dele van Bloemfontein begin nadat dié stad en verskeie ander dorpe in die Vrystaat laatmiddag onder hewige hael en … Lees verder

Klagtes oor droogte stroom in by MRK

Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat.

Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal.

Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied … Lees verder

Boer wat swarte raakry doen afstand van borgaansoek

Die regspan van Josef van Eeden (34), jong boer van Fouriesburg wat van moord aangekla word op ‘n man wat hy na bewering op ‘n plaas buite Bethlehem raakgery het, het vandag in die streekhof afstand gedoen van Van Eeden … Lees verder

Borg geweier vir boer wat swarte raakry

‘n Oos-Vrystaatse boer, wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering verlede Vrydag ‘n sestigjarige swarte raakgery het, se aansoek om borgtog is vanoggend in die Bethlehemse landdroshof na Maandag uitgestel.

Josef van Eeden (34) het na bewering vir … Lees verder

Lesings by drie UV kampusse opgeskort.

Die akademiese program op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se drie kampusse is vandag en môre opgeskort weens voortslepende oproer.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die instelling se universiteitbestuur gaan vandag en môre “verskeie belanghebbendes betrek”.

Dit in ‘n poging … Lees verder

Vonnisoplegging in reuse brandstofdiefstalsaak begin

Die vonnisoplegging van nege mense, agt mans en ‘n vrou, wat skuldig bevind is op aanklagte van afpersing en diefstal van duisende liter brandstof het in die Vrystaatse hooggeregshof begin.

Die saak hou verband met onwettige aktiwiteite tussen Januarie 2005 … Lees verder

Ondersoek na bouwerk van tien skole in Vrystaat gelas

Multimiljoenrandse projekte van die Vrystaatse Onderwysdepartment en die nasionale Departement van Basiese Onderwys – waaronder die nuut geboude Heide Primêre Skool in Heidedal, Bloemfontein – word nou ondersoek.

Die ondersoek is geloods deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE). Dié skool vorm … Lees verder

Vrystaatse ANC-kabinet bly onveranderd

Die Vrystaatse premier Ace Magashule (foto) het nie soos verwag enige van sy LUR’e afgedank nie.

Magashule het eerder een nuweling, Limakatso Mahasa verwelkom laat Maandag tydens ‘n kabinetskommeling-aangekondiging.

Nuweling Mahasa is die LUR vir Welsynsontwikkeling.

Ander skuiwe sluit in … Lees verder

Visvrektes in Bethlehem-dam lei tot kommer

Grootskaalse besoedeling van rou riool wat na die Loch Lomond-dam in Bethlehem vloei is moontlik die rede van die dooie, drywende vis op die dam se oppervlak.

Nie net pragtige visse het in die slag gebly nie maar dié riool … Lees verder

Laggende Bainsvlei-moordenaars skuldig bevind

Die Vrystaatse hooggeregshof het drie swart mans skuldig bevind aan moord op die bejaarde Swanepoelegpaar van die kleinhoewe Kwaggalaagte in Bainsvlei in Januarie 2015.

Regter Mojalefa Rampai het Fana Ntshedi, Motsamai Bitterbos en Jackie Louw skuldig bevind op twee aanklagte … Lees verder

Veediewe met ‘n wenk vasgestrek voor eienaar wakkerskrik

Die polisie op Edenville in die Vrystaat was vinniger as twee vermeende veediewe wat hul Moses behoorlik teëgekom het nadat hulle na bewering drie skape op ‘n plaas gesteel het.

Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê die verdagtes het gister in die … Lees verder

Bejaarde boer en vrou op Bothaville aangeval

‘n Bejaarde boer, sy vrou en ‘n ander vrou uit Bothaville in die Vrystaat is aangeval in hul huis op hul plaas vroeg vanoggend.

Bothaville Landbou-organisasie se veiligheidskoördineerder, Johan du Plessis, sê ses swart aanvallers het toegang verkry tot die … Lees verder