Midvaal-burgemeester ‘vat die pad’ onder wolk van korrupsie

corruptionHermène Koorts van COPE sê alhoewel Timothy Nast, Midvaal se DA-burgemeester wat pas bedank het, ‘n briljante man is, kon hy nie staande bly ​​teen diegene wat hom aan die mag geplaas het nie.

Midvaal se burgemeester het intussen Lees verder

Vrou 15 uur aangehou vir nalatige bestuur

Die Vryheidsfront Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad gaan aandring op antwoorde van die Tshwane-metropolisie nadat me. Magdel Steyn na bewering deur lede van die Metropolisie, in Sunnyside Pretoria, aangerand en vir 15 ure in polisieselle aangehou is.

Dit volg na ‘n … Lees verder

Protesteer teen ANC by die stembus

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die gewelddadige protesaksies oor nie-lewering van munisipale dienste en verbreekte verkiesingsbeloftes, ‘n bewys is dat die ANC se tyd in beheer van die Tshwane-metroraad en ander munisipaliteite begin uitloop.

Die VF Plus het gesê … Lees verder

Burgemeester se openingsrede stel teleur

Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het in ʼn verklaring in reaksie op dr. Gwen Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad se openingsrede gesê dat dit betreurenswaardig is dat die burgemeester nie gebruik gemaak het van die geleentheid … Lees verder

Regering minagtend oor plaasmoorde

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, se opmerking by ‘n konferensie van AgriSA, dat die Polisie plaasmoorde as net gewone misdaad beskou, bevestig dat die regering minagtend is teenoor plaasmoorde. Die Polisie is vinnig om sekere misdade, soos transito-rooftogte … Lees verder

Belastingbetalers tot weerhouding gedwing

Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-stadsraadslid in Pretoria, het vandag in ʼn verklaring gesê dat belastingbetalers uit frustrasie hul munisipale-belastings weerhou omdat stadsrade nie dienste lewer nie. Dit volg nadat mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, belastingbetalersverenigings wat … Lees verder

VF Plus-leier tree in vir Pretoria-naam

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria het die aankondiging verwelkom dat die verandering van die naam Pretoria na Tshwane teruggetrek is en het gesê dat die party se leier, dr. Pieter Mulder, die deurslaggewende rol hierin gespeel het. Dr. Mulder was … Lees verder