Elf Durbanse treinwaens uitgebrand

Durbanse pendelaars het elf treinwaens vernietig omdat die treine nie betyds opgedaag het nie.

Die waens is by die Reunion-stasie naby Isipingo by Durban deur oproerige pendelaars aan die brand gesteek.

‘n Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste sê niemand is … Lees verder

Twee voor oor hulle beelde beskadig

‘n Een-en-twintig-jarige man sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die beskadiging van die Mahatma Gandhi-standbeeld op Gandhi-plein in Johannesburg.

Die swart verdagte is Saterdag in hegtenis geneem. Die polisie het hom betrap terwyl hy die standbeeld … Lees verder

Brandstigting, plundery vir dienste sonder belastinglas

Oproerige inwoners van Letlhabile en Jericho naby Brits in Noordwes het hulself tot brandstigting en plundery gewend vir dienste.

Die oproeriges, wat min of geen belasting betaal nie, dreig om vol te hou met openbare geweld totdat hulle van skoon … Lees verder

Byna 170 oortredings tydens Poskantoorstaking

Die minister van Telekommunikasie, Siyabonga Cwele, sê byna 170 sake is by die polisie aangemeld vir misdade wat tydens die staking gepleeg is.

Die onwettige tweemaandelange staking deur werkers wat vaste aanstellings en verhogings eis, het die Poskantoor feitlik op … Lees verder

Poskantoorwerkers aangeval, petrolbomme gegooi

Drie personeellede wat by die Poskantoor werksaam is, is Dinsdag in Krugersdorp aangeval.

“Die drie persone het by die possentrum gewerk toe hulle met klippe bestook is,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het … Lees verder

Stakende poskantoorwerkers saai verwoesting (foto’s)

Vandale onder die Poskantoorstakers is besig om soveel verwoesting te saai dat baie mense wonder of die Poskantoor ooit agterna sal kan herstel. Hier is enkele foto’s daarvan.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!… Lees verder

Studente saai verwoesting oor registrasiegelde

Die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal is gevandaliseer nadat studente oproerig geraak het.

Sewe studente is in hegtenis geneem nadat geweld uitgebreek het. Volgens ‘n woordvoerder van die universiteit, het die oproermakers lesings probeer ontwrig.

Klasse by die universiteit … Lees verder

Poskantoorstakers intimideer en vandaliseer

Die Poskantoor sê stakers het hulself gewend tot intimidasie van werkers en vandalisme. Deeltydse werkers het verlede maand met ‘n onbeskermde staking begin.

Die deeltydse werkers eis hoër salarisse.

Sedert die begin van die jaar gaan die Poskantoor gebuk onder … Lees verder

Groot dele van Centurion sonder krag

Groot dele van Centurion in Gauteng is sedert vroeg Sondagoggend sonder elektrisiteit weens die Brakfontein-substasie wat gevandaliseer is, die Stad van Tshwane gesê.

Die Metroraad het inwoners van Centurion om verskoning gevra vir die ongerief.

Die Metro sê tegnici werk … Lees verder

Oproeriges by Howards-kampus met traanrook verwilder

howard-collegeOproerige studente het weer klasse by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howards kollege-kampus in Durban ontwrig.

Swart studente is ontstoke oor die uitkering van geld uit die Nasionale Studente Finansiële Skema wat hulle glo hulle toekom.

Die polisie moes van … Lees verder

Oproer lei tot miljoene rande se skade

tyres2Die skade wat tydens gewelddadige diensleweringsbetogings in Gauteng aan openbare eiendom aangerig is, word op R65 miljoen geraam, het RSG berig.

Die LUR vir Behuising, Ntombi Mekgwe sê die bedrag sal waarskynlik styg weens verslae wat nog uitstaande is en … Lees verder

Polisie verjaag oproeriges by Umkhomazi

burningtyresDie polisie moes van rubberkoeëls gebruik gemaak om oproeriges by Mahlongwa by Umkhomazi in KwaZulu-Natal te uiteen te jaag nadat die skare gewelddadig geraak het.

Die polisie is in die gebied ontplooi.

Die polisie het op oproeriges geskiet wat hulself … Lees verder

Klipgooiers by Zeerust voor

burningtyresTwee-en-twintig mense wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld, sal vandag in die Zeerust Landdroshof in Noordwes om borgtog aansoek doen.

Sowat 300 gemeenskapslede van Kruisrivier naby Zeerust het klippe gegooi na die huis van … Lees verder