Deutschland Jawohl, Uruguay Eisj

Thomas MullerGietende reën en ‘n sopnat veld in Port Elisabeth was waarskynlik die vernaamste rede hoekom Duitsland en Uruguay nie die tipiese vrye spel gelewer het wat tradisioneel in die uitspeelwedstryd uitgestal word om die wêreldbeker se derde en vierde plekke … Lees verder

Geskenke uit Spanje vir Oranje?

Suid-Afrikaanse kinders word vertel Kersvader bring kersgeskenke van die Noordpool af. Nederlandse kinders glo Sinterklaas kom van Spanje af…

Nou speel Oranje in die eindstryd teen Spanje, en Nederland sal ‘n behoorlike Piet Hein uit die hoed moet pluk om … Lees verder

Oranje deur na halfeind

“Oranje mag nou glo in die eindstryd.” So berig Trouw oor Nederland se historiese oorwinning oor Brasilië.

Die Oranje-masjien het Vrydagmiddag gewys dat die span die versneller nog dieper kan trap, en het die sokkerreus Braslië met die kous oor … Lees verder

All Blacks, Springbokke speel in Soweto

Die All Black-afrigter Graham Henry het onbedoeld onthul dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika hul drienasiesrugbywedstryd op 21 Augustus by die Soccer City-stadion in Soweto sal speel.

Suid-Afrikaanse amptenare moet steeds hul besluit aankondig om die wedstryd van Ellispark in Johannesburg te … Lees verder

Oranje-optog: Klein eindstryd Vrydag

Baie mense sou dié twee spanne graag in die eindstryd wou sien sake uitspook, maar die loting het bestem dat net en span na Vrydag nog ‘n aanspraakmaker in die wêreld-sokkertoernooi sal wees.

Die Oranje van Nederland stamp Vrydag in … Lees verder

Oranje onoorwonne na tweede rondte

Arjen Robben (links)Nederland het reeds voor gisteraand se groepfase-wedstryd teen Kameroen na die volgende rondte deurgedring. Die span het egter steeds met genoeg ywer gespeel om Kameroen 2-1 te troef.

Vir die Nederlanders was dit goeie nuus dat Arjen Robben, hul beseerde … Lees verder

Oranje deur na tweede rondte

Die Nederlandse sokkerspan, bekend as Oranje, het die eerste span in vanjaar se wêreldbekertoernooi geword wat van ‘n plek in die tweede rondte verseker is.

Die Nederlanders het reeds twee van hul drie wedstryde suksesvol agter die blad na die … Lees verder

‘Net ‘n tydelike terugslag vir Bafana’- minister

Die Bafana Bafana verkeer op die punt om geskiedenis te maak deur die eerste span van ‘n gasheerheerland te word wat in die eerste rondte van ‘n wêreldsokkertoernooi uitgeskakel word. Maar volgens die minister van sport, Makhenkise Stofile, is dit … Lees verder

Proteas blom met besige tydjie wat voorlê

Die Proteas het die eerste toets teen Wes-Indië op die vierde dag van die wedstryd wat in Trinidad gespeel is, in die sakkie toegeknoop. Die Wes-Indiërs is met 163 lopies met die kous oor die kop huis toe gestuur.

Dale … Lees verder

Diego Forlán kelder ‘nasiebou’

Diego ForlánSkitterende spel deur die doelskieter van Uruguay, Diego Forlán, het die Bafana Bafana met 3-0 laat verloor. Terwyl Suid-Afrika oor die afgelope maande getrakteer is op die onoorwinlikheid van die plaaslike sokkerspan en die regeringsgesinde media oor “nasiebou” gepopel het, … Lees verder

Bok-oorwinning groot met brak kol in skrums

Gio Aplon“Maar hy is te klein om te merk,” sou ‘n mens g’n Franse Haan kon verkwalik as hy by die afrigter moes gaan verduidelik het hoe Gio Aplon twee keer die doellyn oorgesteek het nie.

Inderdaad, Hawston, Aplon se tuisdorp, … Lees verder