Klipgooiers versper dele van Goue Hoofweg

Motoriste word aangeraai om dele van die Goue Hoofweg te vermy nadat geweld weer uitgebreek het.

Sowat 200 oproeriges van die Slovo Park-lokasie naby Bushkoppies, suid van Johannesburg het begin klipgooi op die Goue Hoofweg by die Stockwell-aansluiting.

Die oproermakers … Lees verder

Hoofman verhuur erwe teen R100 aan plakkers ná geslaagde grondeis

Volgens berigte is ‘n hoofman by Carolina in die Oos-Transvaal besig om erwe teen R100 elk aan plakkers te verkoop nadat hy landbougrond deur middel van ‘n grondeis bekom het.

Die kaptein van die Mhlongo-stam, Reuben Ndlovu Dlangamandla, wat nou … Lees verder

Michael le Cordeur en die Lwandle-gebeure

“Die woede in my sal ná ‘n paar dae uitgewoed wees.” Só skryf Michael le Cordeur in sy hoeveelste forumartikel in Die Burger (10 deser, p 15). Soos gebruiklik vestig die koerant die aandag daarop dat Le Cordeur die voorsitter Lees verder

Minister keer Sanral wat plakkers uitsit

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters het gelas dat die afsetting van plakkers in die Wes-Kaap deur Sanral tydelik opgeskort word.

Die plakkers by Lwandle by die Strand en Peters het Dinsdagaand ‘n vergadering gehou. Die mense word intussen in … Lees verder

DA sê Olievenhoutbosch-oproer nie verby

olievenhoutSes mense is in hegtenis geneem na Dinsdag se gewelddadige oproer by Olievenhoutbosch suid van Pretoria.

Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Twee mense is tydens die oproer beseer.

Die DA sê die oproer sal voortgaan omdat daar … Lees verder

Paaie in Kaapstad gesluit weens oproer

tyres2Na brandstigting en openbare geweld is 46 mense is in Montague Gardens in Milnerton in Kaapstad in hegtenis geneem.

‘n Oproerige groep inwoners van Joe Slovo Park het ‘n bus aan die brand gesteek. Volgens die polisie het die oproermakers … Lees verder

Oproer wes van Johannesburg weer onder beheer, sê Metropolisie

squattersBeyers Naudé-rylaan in Honeydew is heropen na oproer Woensdagoggend in die Zandspruit-lokasie wes van Johannesburg bedaar het, het die metropolisie gesê.

“Die situasie het tans kalmeer en daar is ‘n swaar polisieteenwoordigheid in die gebied,” het senior superintendent Wayne Minnaar … Lees verder

Polisie skik vir R1.29 miljoen met beseerde plakker

‘n Inwoner van Ivory Park wat aan motors werk, het R1.29 miljoen ontvang in ‘n tussentydse skikking nadat hy sy linkerarm verloor het toe die polisie hom geskiet het, het The Star Dinsdag berig.

Ntantise Daniel Taliwe,Lees verder

Matshikiza ‘moet bedank ná plakkery’ – VF Plus

Die VF Plus eis dat die burgemeester van die Wesrandse Distriksmunisipaliteit (WRDM), Faith Matshikiza, onmiddellik bedank.

Dit volg na die onwettige besetting van grond in die sogenaamde Wieg van die Mensdom binne ‘n UNESCO-geregistreerde wêrelderfenisgebied by Kromdraai net buite Krugersdorp. … Lees verder

Plakkers bestook huise met petrolbomme

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die Tshwane-metroraad strenger moet optree teen onwettige grondbesetters naby Laudium wat teen hulle uitsetting betoog. Sommige huise van inwoners van Laudium is met petrolbomme bestook.

Grond wat deur PPC-sement besit word is onwettig beset … Lees verder

Toestroming na stede skep krisis – Sexwale

DiepslootDie toenemende toestroming na stedelike gebiede deur landelike swartes plaas geweldige druk op die stedelike infrastruktuur, het die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale, gister gesê.

Hy het by die lekgotla oor plaaslike regering in Durban oor die rol van … Lees verder