Oproer by Tuks

Ten minste een motor is verbrand en die dameskoshuis Nerina is met klippe aangeval tydens die jongste oproer by die Universiteit van Pretoria. Swart studente en ander betogers wat nie met die universiteit verbind is nie, het gepoog om Burnettstraat … Lees verder

Talle voertuie by UK aan die brand gesteek

Talle voertuie is vroeg vanoggend by die Universiteit van Kaapstad aan die brand gesteek, het RSG berig.

‘n Woordvoerder vir die Universiteit van Kaapstad, Patricia Lucas, sê ‘n koshuis op die Laer-kampus naby die vier brandende voertuie moes as voorsorgmaatreël … Lees verder

Meer as 500 oproeriges sedert Februarie vas

Sedert Februarie is 560 onlusmakers in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings by universiteite.

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van brandstigting en die gebruik van petrolbomme … Lees verder

Brandstigting, intimidasie by Vaaldriehoekkampus

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus in Vanderbijlpark het vandag en môre alle akademiese en administratiewe dienste opgeskort.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê kampusbestuur het die besluit geneem na aanleiding van onluste op die kampus gister.

Volgens hom het bestuur geen ander … Lees verder

Nog geboue by KSUT in Kaapstad gebrand

Asof swart “leergierige” oproeriges nog nie genoeg skade aan eiendom aangerig het in hul rewolusionêre ywer nie, het hulle verskeie geboue by die Kaapse Skier­eiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Bellville- en Kaapstad-kampus Woensdagoggend aan die brand gesteek.

En die hoofstroommedia, … Lees verder

Klag van moord nadat oproeriges wagte in brandende gebou toesluit

‘n Klag van poging tot moord word ondersoek nadat twee veiligheidswagte Dinsdagaand in ‘n brandende gebou op die Bellville-kampus van die Kaap Skiereilandse Universiteit van Tegnologie toegesluit is.

Een persoon is intussen in hegtenis geneem in verband met die brand … Lees verder

Oproeriges op verskeie kampusse vasgevat

Vier oproeriges is by die Universiteit Stellenbosch in hegtenis geneem nadat hulle toegang verkry het tot ‘n geslote gebou op die kampus.

‘n Groep van 160 swart belhamels het op die kampus rondgehol en klasse ontwrig wat daartoe gelei het … Lees verder

Lesings by drie UV kampusse opgeskort.

Die akademiese program op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se drie kampusse is vandag en môre opgeskort weens voortslepende oproer.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die instelling se universiteitbestuur gaan vandag en môre “verskeie belanghebbendes betrek”.

Dit in ‘n poging … Lees verder

Cosatu vra internasionale steun vir gratis onderwys

Die linkse vakbond Cosatu het intussen ‘n beroep gedoen om internasionale steun vir die protesoptrede van Suid-Afrikaanse studente wat gratis onderwys eis.

Die SABC berig die president van Cosatu, Sdumo Dlamini, het die versoek by die vergadering van die Wêreldfederasie … Lees verder

Wits-studenteleier waarsku dat onluste sal aanhou

Die swart studenteleier die Universiteit van die Witwatersrand, Mcebo Dlamini, het belowe om te verseker dat die instelling gesluit bly.

Dit volg nadat Wits in ‘n verklaring Saterdag gesê het dat die akademiese program Maandag sal voortgaan.

Dlamini sê die … Lees verder

NWU weer deur EFF gedreig met chaos

Die Noordwes-Universiteit sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker studente en personeel is veilig wanneer hulle volgende week na die instansie terugkeer.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteit het reeds gebeurlikheidsplanne in plek vir die hervatting … Lees verder

Amerikaanse student dood in klippereën buite Addis Abeba

‘n Navorsingstudent aan die Universiteit van Kalifornië se departement plantbiologie, is in Ethiopië dood toe die voertuig waarin sy gery het, tydens oproer aan die buitewyke van die hoofstad, Addis Abeba, met klippe bestook is.

Volgens die universiteit was Sharon … Lees verder