Weste stap uit Uganda se presidentsinhuldiging oor al-Basjir

Amerikaanse, Europese en Kanadese verteenwoordigers het uit die inhuldiging van die Ugandese president, Yoweri Museveni in Kampala gestap.

Die Westerse lande het uit protes teen die teenwoordigheid van die Sudanese leier, Omar al-Basjir, die byeenkoms verlaat en omdat die Ugandese … Lees verder

Splintergroep van Boko Haram se leier gevang

Die Nigeriese weermag het die leier van die Islamitiese militante groep, Ansaru, ’n splinterfaksie van Boko Haram, in hegtenis geneem en hom daarvan beskuldig dat hy Westerlinge ontvoer en vermoor, het Reuters berig.

In 2012 het die Amerikaanse departement van … Lees verder

Nigerië, Switserland kom ooreen oor ouddiktator se geld

Nigerië en Switserland het ’n ooreenkoms onderteken wat die weg baan vir die ontvangs van meer as $300 miljoen wat van die familie van Nigerië se voormalige militêre heerser, Sani Abacha, gekonfiskeer is, het Nigerië se visepresident aangekondig.

Transparency International, … Lees verder

Gaboen se oliedinastie klou vir ‘n vale

Pres. Ali Bongo Ondimba van Gaboen het aangekondig dat hy vir ‘n tweede termyn verkiesbaar is.

Verkiesings vind later vanjaar plaas en Ondimba het beloof om “ongeregverdigde bevoordeeldes” in die klein Afrikaland te aan te vat.

Indien hy verkies word, … Lees verder

Siriese vredesonderhandelinge tydelik gestaak

Die Verenigide Nasies (VN) se afvaardiging na Sirië het aangekondig dat die vresamesprekings in Genève, Switserland, tydelik gestaak word.

Dit sal glo later vandeesmaand hervat word.

Te midde ’n toename in die felheid van gevegte in dié land, is Rusland … Lees verder

Vyf olie-opgaartenks brand in Libiese hawens

Met die olieprys wat ‘n laagtepunt bereik het, is brandstofbergingsplekke oorvol.

Maar in Libië woed brande tans by die opgaartenks van Es Sider en Ras Lanuf. Twee van die brande is begin toe olie-opgaartenks deur ISIS-mortiere getref is. Die brande … Lees verder

Nigeriese opposisie-korrupsie oopgevlek

Die waarnemende hoof van Nigerië se hoofopposisieparty, is van korrupsie aangekla het AFP berig.

Hy was die man aan die hoof van oudpresident Goodluck Jonathan se mislukte veldtog om as president herverkies te word.

Haliru Mohammed Bello en sy seun, … Lees verder

Franse leier na Moskou om front teen ISIS te bou

Frankryk het die voortou geneem op die globale politieke toneel met President Francois Hollande se besoek aan Moskou Donderdag.

Sy gesprek met die Russiese president Vladimir Poetin kan lei tot nuwe verwikkelinge in die streek nadat die twee ooreengekom het … Lees verder