Angola kan nie meer buitelandse rekeninge betaal nie

Die Spaanse lugredery Iberia asook Air Namibia is van die rederye wat ernstig deur die valutakrisis in Angola geraak word.

Angola se sentrale bank beskik nie meer oor genoeg buitelandse reserwes om rekeninge te betaal nie.

Iberia sal vlugte tussen … Lees verder

Duitse verskoning vir Namibiese volksmoord vorder

Die Namibiese en Duitse regerings het Woensdag by ’n mediavergadering in Berlyn saamgestem dat geskiedkundige onregte soos die volksmoord wat Duitsland gepleeg het, “reggestel” moet word.

Die lande het ook ooreengekom op ’n onderhandelingsproses wat “voor­delig vir albei lande en … Lees verder

4 Mei, Cassingadag: ‘n Ope brief aan genl. Constand Viljoen

Geagte generaal, u is bekend daarvoor dat u nie ‘n deurslaggewende staatsveiligheidsoperasie sou uitvoer, indien die vrou en kinders van ‘n invloedryke vyand soos Chris Hani moontlik daarin kon omkom nie. (Vandag hou Hani se vrou vir Janusz Waluś in … Lees verder

Wit Namibiër eerste om van terreur aangekla te word

Johannes (Johan) Martinus Mostert van die plaas Swartmodder in die Otjiwarongo-distrik is die eerste mens in die geskiedenis van Namibië wat ingevolge die Wet op die Voorkoming­ en Bestryding van Terroriste- en Proliferasie-aktiwiteite (Wet No.4 van 2014) aangekla is.

Mostert … Lees verder

Namibiër middelpunt van pers rasherrie

‘n Bekende Namibiese stoetboer en ortodontis, dr. Joggie Briedenhann, se dogter is vasgevang in die absurde en kwaadwillige pers rasherrie op Stellenbosch.

Briedenhann het uit Stellenbosch gesê dit is betreurenswaardig dat Poekie, en ‘n koshuismaat op die Matie-kampus, Jo-Anne Cloete, … Lees verder

Stropers in Namibië voer skrikbewind

Die eienaar van Emanya Lodge tussen die Etosha Nasionale Park en Oshivelo, sê sy “wil weghardloop” uit moedeloosheid omdat stropers ’n skrikbewind voer en dit lyk of die polisie nie veel daaraan gaan doen nie.

Dertien van haar 18 swartwitpense … Lees verder

Polisie in Windhoek rand witte aan

Polisielede verbonde aan die Sentrale polisiekantoor in Windhoek staar klagte van aanranding en brutaliteit in die gesig, nadat hulle glo ’n wit inwoner van Windhoek tydens ondervraging ernstig aangerand het. Die klagte, CR432/01/2016, is by dieselfde polisiekantoor aanhangig gemaak.

Na … Lees verder

Duitsland genader na plaasmoordverdagtes borg kry

Boere van die Kalkrand-omgewing en die gemeenskap van Omamas in Namibië is woedend en geskok nadat die vyf swart verdagtes van die moord op die bejaarde Duitse burger, mnr. Reinhardt Schmidt, Vrydag borgtog van N$5 000 elk gekry het.

Die … Lees verder

‘Historiese boere’ iets van die verlede sê Piet Kopdoek

Piet Croucamp het tydens die 69ste kongres van die Namibië Landbou-unie (NLU) dié naweek aan produsente gesê, “historiese boere” is iets van die verlede.

Die Namibiese vleisbedryf is glo in die moeilikheid. Volgens mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie … Lees verder

Wittes verneder by SA Hoë-kommissariaat in Windhoek

Ná verskeie briewe en SMS’e van die publiek oor beweerde swak en stadige diens by die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Windhoek, het ’n Namibiese pa uit desperaatheid sy frustrasie onder die aandag van die openbare beskermer in daardie land, me. … Lees verder

Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Regter Elton Hoff het Maandag sy uitspraak teen 65 beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadverhoor in Windhoek voltooi.

Altesaam 30 beskuldigdes is skuldig bevind op ʼn klag van hoogverraad, nege klagte van moord en 240 klagte van poging tot moord.

Die oorblywende … Lees verder

Namibië oorweeg tolhekke

Tolhekke sal die Namibiese padnetwerk in stand hou, het die Namibiese president, dr. Hage Geingob, verklaar, maar erken dat sy landgenote daarteen gekant is.

“Ek kan nie verstaan waarom Namibiërs teen tolhekke gekant is nie,” het die president bygevoeg tydens … Lees verder