Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer

‘n Standbeeld (foto hierbo) is opgerig by Aero-strand suid van Uganda se hoofstad, Kampala, van die ontslape Yonatan Netanyahu.

Yonatan was die broer van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en ‘n offisier in die Israeliese weermag se elite-eenheid, Sayeret … Lees verder

Israel waarsku teen ‘giftige anti-Israeli propaganda’

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het op die vooraand van die herdenking van die slagting van Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog “giftige” anti-Israeli propaganda in die Weste, wat hy gelykgestel het met nazisme, gekritiseer.

“Wat tot die slagting tydens … Lees verder

Iran, Israel betrek by Nagorno-Karabach konflik

Die ministers van buitelandse sake van Rusland en Iran het gister aangesluit by gesprekke om ’n hernude oorlog tussen Azerbaidjan en Armenië oor Nagorno-Karabach te voorkom, terwyl albei kante in die konflik mekaar van skendings van die twee dae oue … Lees verder

Turke wil Wes-Afrika teen ‘terreur’ help

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die week ‘n militêre erewag saam met Ivoorkus se pres. Alassane Ouattara by die presidentspaleis in Abidjan geïnspekteer.

Erdogan het Sondag met ‘n weeklange besoek aan Wes-Afrika begin.

Hy het ook Ghana, Nigerië … Lees verder

‘Nee vir gratis vakansie in Israel’

In Gasa heers hongersnood nie “Hunger Games” nie.

Dit was die reaksie van ‘n Palestynse aktivis wat ‘n beroep op Oscar-benoemdes gedoen het om nie ‘n gratis reis na Israel te aanvaar wat deur die Joodse regering geborg word nie.… Lees verder

VSA stel nuwe sanksies teen Iran in

Iran het nuwe Amerikaanse sankies teen die Islamitiese Republiek veroordeel en gesê dit is onwettig.

Die land sal voortgaan om konvensionele militêre toerusting te ontwikkel, het Reuters berig.

Amerika het Sondag sanksies teen 11 maatskappye en individue, wat verskaffers vir … Lees verder

Sanksies teen Iran opgehef

Iran het Saterdag ’n reusetree vorentoe gegee om sy internasionale afsondering te beëindig, toe sanksies teen die land opgehef is.

Die geskiedkundige kernooreenkoms met verskeie wêreldmagte wat in Julie gesluit is, het uiteindelik in werking getree, het AFP berig.

Iran … Lees verder

Spanning in Midde-Ooste laai op

Spanning tussen Saoedi-Arabië en Iran het in ’n volstoom diplomatieke krisis ontaard met verskeie van Riaad se Arabiese Soenni-bondgenote, Bahrein en Soedan wat nou ook diplomatieke betrekkinge met Teheran verbreek het.

Die Verenigde Arabiese Emirate het betrek­kinge met Iran afgeskaal.… Lees verder

Trump stel sy besoek aan Israel af

Die handskoene is af in die stryd tussen ‘n Amerikaanse presidentskandidaat en Israel.

Politici in Israel het Woensdag hul regering gevra om Donald Trump, voorloper in die Republikeinse Party se benoemingstryd vir 2016 se presidentsverkiesing, die land te verbied.

“Ek … Lees verder

SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat lasbriewe uitgereik is vir vier Israeliese bevelvoerders wat vyf jaar gelede verantwoordelik was vir die aanvalle op die Mavi Marmara.

Die Israeliese weermagbevelvoerders het die skip aangeval. Die vaartuig was deel van ‘n … Lees verder

VSA, Brittanje sê bom het tot Russiese ramp gelei

Amerikaanse en Britse owerhede meen ‘n bom aan boord van ‘n Russiese passasiersvliegtuig het tot die lugramp oor Egipte gelei.

Die Airbus 321 het in die lug verbrokkel en wrakstukke is oor kilometers heen versprei.

Die Islamitiese Staat (ISIS) kon … Lees verder

VN waarsku dat ‘katastrofe’ dreig in Israel

Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat ‘n dodelike oplewing in geweld in die Wes-Oewer tussen Israeli’s en Palestyne tot ‘n “katastrofe” gaan lei.

In Washington, het die minister van Buitelandse Sake, John Kerry gesê die bloedvergieting “is nog ‘n aanduiding … Lees verder

VF+, IVP, ACDP kla oor SA Palestyne ontvang

Die Vryheidsfront Plus, die IVP en die ACDP het die ANC gekritiseer omdat hy die Palestynse Hamas-leierskap verlede week in Suid-Afrika ontvang het.

Die partye sê dit is strydig met die regering se amptelike posisie oor die voortslepende konflik tussen … Lees verder