NSA-vlag verbrand voor Stockholm-ambassade

Die Nuwe Suid-Afrika-vlag is gister voor die SA ambassade in die Sweedse hoofstad verbrand tydens ‘n betoging teen die volksmoord op Afrikanerboere in Suid-Afrika.

‘n Regse, pro-blanke groep bekend as die Sweedse Weerstandsbeweging het die betoging georganiseer. Ongeveer ‘n honderd … Lees verder

Aardskuddende inhuldiging

Hoor jy ook die dreuning? Morales en LugoAs daar ‘n president is wat sy termyn as staatshoof aardskuddend begin het, is dit dié van die nuwe Chileense president, Sebastian Pinera.

Kort voor sy inhuldiging is die land deur ‘n skudding wat heelwat sterker was as dié wat … Lees verder

Pennsilvanië se hoofstad bankrot?

Harrisburg, die hoofstad van Pennsilvanië, is die jongste Amerikaanse stad wat oorweeg om homself bankrot te laat verklaar. Maar, berig die Christian Science Monitor, dit sal dalk nie al stad, of selfs deelstaat, wees wat hierdie opsie volg om ‘n … Lees verder

Nederland regeringloos. Wat nou?

Die Nederlandse parlement, oftewel die State-Generaal aan die Hofvijver, Den HaagSaterdagoggend 20 Maart 2010 word Nederlanders wakker sonder ‘n regering.

Middernagtelike gesprekke tussen die koalisievennote waar die kerse tot stompies gebrand het, het uiteindelik dadels opgelewer. Verskille oor die oorlog in Afghanistan is op die spits gedryf.

Dit beteken die … Lees verder

Iran beplan verrykingsaanlegte in trotsering van VN

Iran het gister planne om tien industriëlegrootte uraanverrykingsaanlegte te bou, goedgekeur, ‘n dramatiese uitbreiding van die program wat die VN se eise dat die land verryking moet staak trotseer, en ‘n skuif wat waarskynlik spanning in die Weste gaan verhoog.… Lees verder

Switserse verbod op Moslem-torings maak Moefti moeilik

Egipte se Moefti, Ali Gomaa, het uitgevaar teen ‘n referendumuitslag in Switserland wat nuwe minarette verbied, en het dit ‘n “belediging” teen Moslems regoor genoem terwyl hy ‘n oproep op Moslems gedoen het om nie deur die skuif uitgelok te … Lees verder

Switsers stem teen moskeeminarette

Stop-minaretteplakkaat in SwitserlandDie Switserse media spreek vandag hul kommer uit oor die naweek se referendum waarin die bou van moskeeminarette verbied is.

Die Franstalige koerant Le temps meen die uitslag “is deur vrees, fantasieë en onkunde” veroorsaak en waarsku dat daar “skouspelagtige … Lees verder

Ahmadinejad in Gambië

Die Iranse president, Mahmoed Ahmadinejad, het gister in Gambië aangekom vir ‘n werksbesoek van 24 uur wat daarop gemik is om verhoudinge tussen die Islamitiese republiek en die Wes-Afrika-land uit te bou.

Ahmadinejad sou samesprekings met sy Gambiese eweknie, Yahya … Lees verder

Die VSA dring by Teheran aan om kernaanbod te aanvaar

‘n Senior Amerikaanse amptenaar het gister by Iran aangedring om “in te skakel” by die Weste oor sy kernprogram, nadat ‘n Iranse militêre hoof gewaarsku het dat ‘n aanval op hulle kernterreine verpletter sal word.

“Ons sal verkies dat die … Lees verder

Mussolini se bloed en harsings op eBay te koop

Benito MussoliniDie Italiaanse diktator, Benito Mussolini, se bloed en harsings is gister vir 15,000 euro’s te koop aangebied op die veilingwebwerf eBay, voordat die maatskappy die advertensie wat deur ‘n anonieme verkoper aangebied is, onttrek het.

“Geen bod is ingedien in … Lees verder

Regter gooi saak teen Miley Cyrus oor ‘skrefiesoë’ uit

Miley Cyrus‘n Los Angeles-regter het gister ‘n hofsaak teen Miley Cyrus, waarin die tienerikoon van diskriminasie aangekla is nadat sy afgeneem is waar sy “skrefiesoë” maak, uitgegooi.

Lucie Kim het die ster van “Hannah Montana” in Februarie gedagvaar nadat ‘n foto … Lees verder

Mutasie in varkgriepvirus gevind

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het gister gesê dat ‘n mutasie gevind is in monsters van die varkgriepvirus wat geneem is na die eerste twee sterftes van die pandemie in Noorweë.

Hulle het egter beklemtoon dat dit nie voorkom asof die mutasie … Lees verder

Ministeriële vliegtuig val

Ses mense is dood toe die vliegtuig van die Russiese minister van binnelandse sake in die oostelike Jakoetia-streek van Ria-Nowosti neergestort het.

Die Iljoesjin het 11 mense aan boord gehad en het omstreeks 01:40 Satredagoggend kort ná dit in Mirni … Lees verder

Steun vir BNP styg sterk in Brittanje

Byna ‘n kwart van volwassenes sou dit oorweeg om vir die regse Britse Nasionale Party te stem, het ‘n meningsopname vandag getoon, ná die partyleier se omstrede deelname aan ‘n BBC-TV-program.

Die YouGov-opname vir die Britse koerant, die Daily Telegraph, … Lees verder