Rentekoersverhogings verwag

Die Reserwebank sal na verwagting vanmiddag ‘n verhoging in die rentekoers aankondig ná die bank se monetêre beleidskomitee-vergadering, het RSG berig.

Volgens ekonome sal die bank ook grootskaalse afwaartse aanpassings in die groei-beramings vir die Bruto Binnelandse Produk bekend maak. … Lees verder

‘n Swak rand is nie die einde van die wêreld nie

Een ding wat mense klaarblyklik nooit verstaan ​​nie is dat ‘n depresiërende geldeenheid nie outomaties beteken dat die ekonomie gaan sink nie.

Zwelinzima Vavi het Woensdag aan sy paar oningeligte volgelinge verklaar dat Suid-Afrika binnekort ‘n Zimbabwe gaan word, maar … Lees verder

SA beweeg na rommelstatus

Die wêreld se twee grootste graderingsagentskappe sal na verwagting vandag hul jongste graderings van Suid-Afrika se soewereine skuldlas aankondig, het RSG berig.

‘n Afgradering deur Standard & Poor’s sal die land se kredietgradering tot onder beleggingsgraad – bekend as rommelstatus … Lees verder

Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag.
Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet.

Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van … Lees verder

Australië kry nuwe premier

Australië kry ‘n nuwe premier, Malcolm Turnbull, nadat die sukkelende leier Tony Abbott die leierskap van die Liberale Party aan sy seniorvennoot in die regerende konserwatiewe koalisie afgestaan het.

Opposisiepartye lyk al sedert April in meningspeilings sterker as Abbott se … Lees verder

Chinese aandele daal steeds

Chinese aandele het hul afwaartse pad voortgesit ondanks pogings deur die land se sentrale bank om handelaars te paai.

Die indeks het dié week reeds met sestien persent gedaal wat skokgolwe deur die wêreldmarkte gestuur het.

Die Shanghai-saamgestelde indeks het … Lees verder

Nasionale Khoisan Sakekamer wil erfenis beskerm

Die nuut-gestigde Nasionale Sakekamer van die Khoi- en San-mense het onderneem om seker te maak dat inheemse groepe ekonomiese voordeel trek uit hul intellektuele eiendom.

Die leierskap van die Boesmans, Namas, Koranas, Griekwas en Kaapse Khoi-mense het in Kaapstad byeengekom, … Lees verder

Dawie Roodt in sy huis aangeval

Hoofekonoom van die Efficient Group en tv-aanbieder, Dawie Roodt, word in Pretoria-Oos-hospitaal se hoësorgeenheid behandel nadat hy en sy gesin Donderdagaand in sy huis aangeval en vasgebind is.

Roodt se kollega, Willem Basson, sê Roodt se dogter het gisteraand omstreeks … Lees verder

Chinese aandele tuimel na paniekverkope

Aandele in China het Donderdagoggend tot ‘n vier maande laagtepunt getuimel.

Chinese aandele het in ‘n stadium met meer as agt persent gedaal ondanks pogings deur reguleerders om die mark te stabiliseer. Die Shanghai-indeks het vroeër reeds met sewe punte … Lees verder

Wêreld Ekonomiese Forum vir Afrika in Kaapstad begin

Meer as 1200 wêreldleiers, politici en sakelui sal van Donderdag af die 25ste Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Kaapstad bywoon.

Die konferensie sal deur verteenwoordigers uit 75 lande bygewoon word.

Vanjaar se konferensie, in die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum, sal … Lees verder

Eskom-gemors weens politiekery sê ekonoom

Dawie Roodt, ekonoom, het tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika se ekonomie R360 miljard groter sou gewees het as Eskom beter bestuur was.

Dawie Roodt het gesê kragonderbrekings kom voor weens voortdurende politieke inmenging.

Eskom sukkel om die ligte aan … Lees verder

15 jaar van PRAAG: was dit die moeite werd?

Vandag is PRAAG presies 15 jaar oud. Vroeg in die nuwe millennium op 22 Februarie 2000 (22.02.2000!) het ek en ander besef dat daar iets oor die gestadigde ondergang van Afrikaans en die Afrikaner gedoen moet word en daarom hierdie … Lees verder