Miljoene in transitoroof gebuit

Die polisie in Noordwes soek steeds na ses gewapende rowers in verband met ‘n transito-rooftoog naby Setlagoli waarin miljoene rande Dinsdag uit ‘n geldwa gebuit is.

Polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê die transito-rowers het twee wagte van ‘n sekuriteitsmaatskappy vasgebind en … Lees verder

Polisiebeampte wat verkragtingdossiere glo laat verdwyn, kry borg

‘n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat na bewering dossiere uit die hof gesteel het, en ‘n plaaslike swart sakeman verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.

Patricia Pitt, van die Parkweg-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat terwyl … Lees verder

Aanvalle op vragmotors in Karoo ‘n kopseer

Aanvalle op vragmotorbestuurders in die Karoo raak ‘n kopseer sê bestuurders.

As die polisie nie optree teen aanvallers nie, sal bestuurders genoop word om die reg in eie hande te neem, sê hulle.

‘n Vragmotorbestuurder van Kaapstad is verlede week … Lees verder

Swart verkeershoof weer voor vir bedrog

Die swart hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hills munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes, wat tereg staan op verskeie aanklagte van bedrog, verskyn na verwagting vandag weer in die hof.

Judas Mahlangu is aanvanklik in Julie in hegtenis geneem nadat hy na … Lees verder

Speuder wat glo geld steel vir dobbel, vas

‘n Hooggeplaaste polisiebeampte van Noordwes sal na verwagting volgende jaar weer in die landdroshof op Mokgwase verskyn nadat sy in hegtenis geneem het vir die diefstal van geld uit ‘n polisiekantoor.

Die 45-jarige bevelvoerder van die speurdienste by die polisiekantoor … Lees verder

Koperdief doodgeskok

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n voorval waarin ‘n vermeende koperkabeldief die week by ‘n munisipale substasie by Hennenman vermoedelik doodgeskok is.

Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê ‘n senior munisipale elektrisiën het Woensdagaand net voor 21:00 op ‘n onbekende man … Lees verder

Twee polisiebeamptes voor vir motorkaping

Twee Bloemfonteinse polisiebeamptes wat glo ‘n taxi gekaap het, sal Dinsdag na verwagting weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mojalelfa Bonties van die Parkweg-polisiekantoor en Delikile Nomandla van die Bloemspruit-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R800 elk vrygelaat.

Polisiewoordvoerder, Chaka … Lees verder

Twee leerlinge van Witbank-skool aangerand

Twee leerlinge van ’n plaaslike skool in Witbank is in hegtenis geneem na ’n aanval op wit medeleerlinge.

Die twee leerlinge is Vrydag 14 Augustus gearresteer en het Maandag 17 Augustus in Witbank Landdroshof verskyn op klagtes van aanranding en … Lees verder

Motoriste gewaarsku teen kapingslenter

Motoriste in die Vrystaat word gewaarsku om veilig te bestuur en op die uitkyk te wees vir klippe wat deur booswigte in die pad gepak word in ‘n poging om voertuie te kaap.

Polisiewoordvoerder, Mosili Ntsika, sê voorvalle waarin motoriste … Lees verder

Motorfietsdiefstalsindikaat in Noord-Kaap bedrywig

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek die moontlikheid dat twee verdagtes wat Woensdagaand in Cassandra in Kimberley in hegtenis geneem is, deel is van ‘n sindikaat wat motorfietse steel.

Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die gemeenskapspolisiërings (GPF)-eenheid in dié buurt het … Lees verder

Ses wat hulself as polisie voordoen vas

Ses mans, wat hulself as polisielede voorgedoen het, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn nadat hulle gister deur lede van die Viljoenskroon-, Bothaville- en Vredefort-polisie in hegtenis geneem is.

Die mans is na ’n hoëspoed jaagtog … Lees verder

Boer en vrou met graaf geslaan in plaasaanval

‘n Bekende boer van Nelspruit (Mbombela), mnr. Gerhard Kunneke, word in die intensiewe sorgeenheid van Mediclinic Nelspruit behandel nadat hy gisteraand oorval is op sy plaas in die Kingstonvale-omgewing op die pad na KaNyamazane.

Daar was beurtkrag in die area … Lees verder

Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Die polisie op Thabazimbi in Limpopo is op hoë gereedheid nadat winkels van buitelanders die afgelope twee dae aangeval, geplunder en aan die brand gesteek is.

Polisiewoordvoerder Ronel Otto sê elf mense is gearresteer en sal aangekla word van openbare … Lees verder