Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense

Hoëvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder.

Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat ‘n mesaanval op ‘n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, … Lees verder

Wat het koning Goodwill presies gesê?

Daar is die afgelope paar dae herhaaldelik na Koning Goodwill Zwelithini se onlangse kommentaar verwys wat sou gelei het tot gewelddadige aanvalle tussen plaaslike inwoners en buitelandse burgers in KwaZulu-Natal.

Sedert die toespraak, het die koning se woordvoerders ontken dat … Lees verder

Gigaba loof buitelanders se bydrae tot SA

Buitelandse burgers moet nie aangeval word nie, omdat die meeste ‘n positiewe bydrae tot die land lewer, het die minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba Donderdag in die Parlement gesê

“Om mee te begin wil ons graag uitdruklik verklaar dat … Lees verder

Motors aan die brand gesteek in Johannesburg

‘n Aantal motors in Jeppestown, Johannesburg is verlede nag aan die brand gesteek in die voortslepende geweld teen buitelanders.

‘n Groot polisiesteenwoordigheid is in die gebied ontplooi om geweld te probeer bekamp. Die motors het vermoedelik aan Mosambiekse burgers behoort.… Lees verder

Buitelandse winkels in Johannesburg sluit na dreigemente

Winkels in buitelandse besit in Johannesburg se middestad het begin om hul deure te sluit ná gerugte dat ‘n skare dreig om op ‘n plunderveldtog te gaan.

Nuus24 berig dat die meeste winkels op Breëstraat reeds gesluit is.

Eyewitness News … Lees verder

Zuma se seun wil van buitelanders ontslae raak

President Jacob Zuma se seun, Edward, het ter ondersteuning van koning Goodwill Zwelithini se omstrede oproep beaam dat buitelanders uit Suid-Afrika gedeporteer behoort te word.

“Ons moet bewus wees dat as ‘n land sit ons op ‘n tydbom van hulle … Lees verder

Buitelanders in rep en roer oor Zoeloekoning se aanmerking

Meer as ‘n honderd buitelanders het by die polisiestasie op Isipingo in KwaZulu-Natal saamgedrom om aanklagte van aanranding en intimidasie in te dien, nadat tien van hulle winkels in die dorp, suid van Durban, geplunder is.

Hulle sê dit is … Lees verder

Dertien vas na plundery in Noordwes

Dertien persone is in Stella in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat buitelanders se winkels geplunder is.

“Die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n kroeg in Rekgaratlhile en die alkohol gekonfiskeer,” het Kealeboga Molale, woordvoerder van die … Lees verder

Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld

Geweld teen Somaliërs in Ga-Sekgopo, oos van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo, het daartoe gelei dat hulle hul moes hul winkels verlaat.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontplooi. “Die situasie is tans kalm en … Lees verder

Buitelander lewendig verbrand deur gepeupel

In die jongste voorval van vreemdelinghaat is ‘n buitelander lewendig aan die brand gesteek deur ‘n verwoede gepeupel in Soweto.

In nog ‘n voorval is twee mense in hegtenis geneem vir diefstal van goedere uit ‘n buitelandse winkel in Thembelihle, … Lees verder

Somaliërs moet winkels op Kaapse Vlakte sluit

Somaliese winkels in die Marikana-lokasie in Philippi op die Kaapse Vlakte moes Woensdagaand inderhaas sluit weens geweld teen buitelanders.

Een persoon is dood, een gewond en verskeie winkels is Dinsdag in die gebied geplunder.

Gemeenskapsleiers het intussen vergader om vrese … Lees verder

Zuma kondig einde van grondeienaarskap aan

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand in sy staatsrede aangedui dat die beginsel van gewillige koper/verkoper van grond betref, binnekort iets van die verlede sal wees.

Hy het ook gesê buitelanders sal verhoed word om grond in Suid-Afrika te besit, alhoewel … Lees verder

Polisie by nóg plundery betrek

Aanvalle op buitelanders het na die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal versprei waarby polisiebeamptes in sekere gevalle ook betrek word.

Die polisie het glo aan die plundering van buitelanders se winkels in die Noord-Kaap meegewerk.

Twee polisiebeamptes en ‘n polisiereservis is in … Lees verder

Polisie sê Soweto-geweld is onder beheer

Buitelanders moes uit Soweto vlug, of skuiling gaan soek by polisiestasies in die gebied, ná die jongste vlaag van geweld teen hulle.

Die geweld het Maandagaand uitgebreek nadat ‘n buitelandse winkeleienaar na bewering die 14-jarige Siphiwe Mahori in Snake Park … Lees verder