Beurtkragdiesel maak naeltegnikus en tandarts stinkryk

Ná ‘n week van hoë drama by Suid-Afrika se kragvoorsiener waarin vier senior amptenare geskors is, het nog skokkende onthullings na vore gekom.

Die maatskappy het selfs nie geskroom om ‘n swart tandarts en ‘n swart naeltegnikus aan te stel … Lees verder

Beurtkrag waarskynlik met sukkelende Eskom

Die geskeduleerde instandhoudingswerk by Eenheid 1van die Koeberg Kernkragsentrale naby Kaapstad begin Maandag en sal na verwagting tot einde Mei duur.

Eenheid 1 het weens ‘n onverwagse tegniese fout aan die einde van Januarie onklaar geraak.

“Die stelsel sal hierdie … Lees verder

Eskom kondig fase-2 beurtkrag aan

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vanaf Donderdagoggend na fase 2 sal aangepas word.

“Die kragnetwerk is steeds onder druk. Fase 2-beurtkrag sal vandag [Donderdag] van 08:00 tot 23:00 toegepas word,” het Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe gesê.

Die kragvoorsiener ervaar … Lees verder

Koeberg sukkel weens tegniese probleme

Die Koeberg-kernkragsentrale het die helfte van sy opwekkingsvermoë – sowat 900 megawatt – weens ‘n tegniese prbleem verloor.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe sê ‘n transformator het glo onklaar geraak wat die kragvoorsiener genoop het om eenheid-een van die netwerk … Lees verder

Misdadigers buit SA se kragkrisis uit

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê die regering oorweeg alternatiewe bronne van energie om Suid-Afrika se huidige energiekrisis die hoof te bied.

Die voortgesette kragkrisis in Suid-Afrika lei tot al meer kommer oor veiligheid omdat misdadigers die situasie uitbuit. … Lees verder

Zuma: SA gaan krag van privaatinstansies aankoop

Die Suid-Afrikaanse regering het in Davos, Switserland aangekondig dat hulle krag van privaatinstansies sal aankoop.

Dié aankondiging is deur President Jacob Zuma gemaak wat die Wêreld Ekonomiese Forum in die Alpe bywoon. Zuma sê 923 megawatt se onafhanklike elektrisiteit is … Lees verder

Groot probleme by Medupi-kragstasie

Groot probleme word blykbaar ondervind met Eenheid Ses by die Medupi-kragstasie in Limpopo, het RSG berig.

Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, is intussen versoek om duidelikheid oor die kwessie te gee.

Eenheid Ses is veronderstel om sowat 800 … Lees verder

Kragtekorte veroorsaak waterprobleme

Eskom se kragonderbrekings het tot watertekorte in sekere dele van die land gelei. Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo moes inwoners vra om water te spaar weens die kragprobleme.

“Verskeie woonbuurte in die stad en ander gebiede word reeds deur die watertekorte … Lees verder

Eskom waarsku hele land oor kragonderbrekings

Eskom het kragverbruikers gewaarsku dat beurtkkrag van Donderdag asook oor die naweek ingestel kan word.

Die waarskuwing is Woensdag uitgereik dat beurtkrag weer ingestel kan word indien die druk nie op die kragnetwerk verlig word nie.

“Ons gebruik tans ons … Lees verder

Eskom verklaar noodtoestand vir nywerhede

Eskom het Sondag ‘n kragnoodtoestand vir groot nywerheidskliënte verklaar.

“Eskom het ‘n kragnoodtoestand verklaar met groot industriële kliënte, en hulle versoek om dringend hul elektrisiteitsverbruik vandag tussen 15:00 tot 20:00 met 10 persent te verminder,” het Eskom in ‘n verklaring … Lees verder