Grafte ontdek toe landboubedrog op die lappe kom

Die KwaZulu-Natalse premier, Senzo Mchunu gaan president Jacob Zuma vra om ‘n omvattende ondersoek van stapel te stuur na die grafte wat aan die Suidkus in suikerrietlande ontdek is.

Mchunu het die bykans honderd grafte by die Glenroy-plaas in Dududu … Lees verder

Skadugroep teiken oud-rektor van Potch

Die skadudrukgroep, Higher Education Transformation Network, het aanklagte van bedrog teen die voormalige rektor van die Universiteit van Noordwes, Theuns Elof ingedien.

RSG berig dat Eloff en twee ander amptenare daarvan beskuldig word dat hulle die oordrag van tien … Lees verder

SA ambassadeur na Japan lieg oor doktorsgraad

Suid-Afrika se ambassadeur in Japan, Mohau Pheko, het Vrydag aan die SABC gesê sy spyt dat sy voorggee het sy het ‘n doktorsgraad.

Pheko het gelieg dat sy in 2000 haar PhD aan die Amerikaanse La Salle Universiteit verwerf het.… Lees verder

Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie

Daar is op 30 munisipale voertuie van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit in Mafikeng beslag gelê deur die balju van die Noordwes hooggeregshof.

Die munisipaliteit skuld diensverskaffers miljoene rand.

Die beslaglegging volg nadat twee kontrakteurs regstappe gedoen het teen die … Lees verder

LP’s eis dat SABC-voorsitter afgedank word

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag besluit dat Ellen Tshabalala, SABC-voorsitter, uit haar amp verwyder moet word.

‘n Ondersoek deur die komitee of Tshabalala oor haar akademiese kwalifikasies gelieg het, het haar skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. … Lees verder

Gautrein-werknemer pleeg glo bedrog van miljoene

‘n Voormalige swart werker van die Gautrein se bestuursagentskap is op ‘n reeks aanklagte, insluitend bedrog, in hegtenis geneem, het RSG berig.

Die woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko sê hulle het die 30-jarige man by sy huis in Ga-Rankuwa, … Lees verder

Omkopery en bedrog groei die vinnigste

Omkopery en bedrog is die ekonomiese misdade wat die vinnigste groei in Suid-Afrika sedert 2011, het RSG berig.

Dit is volgens die wêreldwye ekonomiese misdaad-opname wat onlangs uitgereik is.

Die kwessie sal van die fokuspunte wees tydens die Internasionale Bedrog-week … Lees verder

Taakspan sal glo onderwyspos-bedrog oopvlek

Die Departement van Basiese Onderwys het bekend gemaak dat ‘n taakspan begin het om die beweerde verkoop van onderwysposte te ondersoek.

‘n Woordvoerder van die Departement, Elijah Mhlanga, sê verskeie onderhoude is reeds gevoer, het RSG berig.

Minister Angie Motshekga … Lees verder

Moontlike einde vir poskantoorstaking?

Gisteraand was Suid-Afrika veronderstel om te hoor of die Poskantoorstaking gaan eindig, maar daar is nog geen nuus oor die moontlike ooreenkoms wat die minister van telekommunisie en poswese, Siyabonga Cwele, aan die bestuur en stakende werkers sou voorlê nie. … Lees verder

Geskoolde personeel sal glo munisipaliteite regruk

Die regering beplan om hoogs geskoolde personeel in gebiede ontplooi waar die bestuursvermoë in sukkelende plaaslike munisipaliteite ontbreek.

President Jacob Zuma het die Presidensiële Koördinerende Komitee vroeër gelei.

Dié komitee het die Uniegebou in Pretoria vergader om senior regeringsamptenare, premiers … Lees verder

Winnie lek glo inligting oor wapentransaksie

Die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, het haar gedistansieer van ‘n verklaring dat die ANC-veteraan, Winnie Madikizela-Mandela, inligting laat uitlek het.

Madikizela-Mandela was glo een van verskeie Parlementslede wat inligting oor die 1999 wapentransaksie gelek het.

Die inligting was vervat … Lees verder