Aspersieslaai

{jathumbnail off}

Kook ‘n halwe pakkie penne pasta in water en bietjie sout tot gaar en laat afkoel vir vier tafelgenote. Blansjeer 12 dun vars groen aspersiepunte in kookwater intussen. Die aspersies moet nie papgekook wees nie.

Braai 100g haloumikaas … Lees verder

Piekniekkos

{jathumbnail off}

Kook ‘n twee koppies orecchiette pasta in genoeg water en ‘n bietjie sout gaar. Die pasta lyk soos klein oortjies. Enige kleinerige pastavormpie sal werk.

Sny ‘n klein blikkie bruin lensies oop of kook ‘n koppie bruin lensies … Lees verder

Wortelslaai

{jathumbnail off}

Maak ‘n heerlike wortelslaai met die groot, goedkoper wortels wat boonop ewe elegant as die babaworteltjies in sy slaaigedaante lyk.

Skil 4 lekker vars wortels vir 4 mense en skaaf dan met dieselfde groenteskiller lang repe wortel en … Lees verder

Vrolike Maandag!

{jathumbnail off}

Met hierdie prettige slaai is daar niks blou aan Maandag nie.

Neem ‘n balletjie mozzarellakaas en sny in skywe en was ‘n vars tamatie en sny in ewe dik skywe vir elke tafelgenoot. Plaas die skywe opmekaar en … Lees verder

Voedsaam

{jathumbnail off}

Voedsaam en maklik genoeg vir ‘n kok wat die ene duime is! ‘n Koppie bruinrys, gaargekook vir twee mense. Sny 2 of 3 dwergkomkommers in dun skyfies en halveer 10 kersietamaties. Krummel ‘n fetawieletjie oor die rys en … Lees verder

Keiserslaai

{jathumbnail off}

Soet slaaiblare smaak die lekkerste in hierdie slaai. Probeer romaine of botterslaai: Een kop, vars en goed afgespoel vir vier mense.

Kook vier eiers, net matig, nie te hard nie, en sny in kwarte. Braai twee snye wit … Lees verder

Koningskos van oorskiet

{jathumbnail off}

Wat gemaak met daardie oorskietpasta in die yskas?

Plaas ‘n handvol vars basiliekruidblare saam met ‘n eetlepel gerasperde Parmesaankaas, ‘n knoffeltoontjie en ‘n eetlepel of drie olyfolie in ‘n houer waarin ‘n handversapper pas, vir twee mense. ‘n … Lees verder

‘n Nuwe smaakervaring

{jathumbnail off}

Hierdie resep is ‘n nuwe smaakervaring, gewaarborg.

Soek ‘n lekker spanspek by die groentewinkel uit en sowat 100g pistachioneute sonder doppies. Die kaas is ‘n stafie wit bokmelkkaas, maar die sagte Deense fetakaas sal ook werk as bokmelkkaas … Lees verder

Vir die reënweer

{jathumbnail off}

Iets anders vir die koel reënweer. Dit neem nie langer as 20 minute om dié vullende warm slaai vir vier mense aanmekaar te slaan nie.

HOENDER EN AARTAPPELSLAAI

500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny
1 eetlepel balsamiese … Lees verder

Proe die Franse platteland

{jathumbnail off}

‘n Resep met net één vars bestandeel, smaaklik, kleurvol, eenvoudig, baie deftig en elegant. Kortom ‘n mondvol en eg Frans. Moenie volgende keer verby daardie bossie radyse in die groentewinkel of die boeremark loop nie. In daardie kraakvars … Lees verder

Sappige aarbeie

{jathumbnail off}

Hier is nou ‘n maklike slaai vir twee mense. Boonop is daar ‘n spesiale aanbod op lekker sappige aarbeie by die groentewinkel wat dit ook ‘n sakpasete maak.

AARBEI, FETA EN SPINASIESLAAI

‘n Klein houertjie aarbeie, stingels verwyder … Lees verder

Lus vir olywe?

{jathumbnail off}

Nog ‘n bietjie van daardie vinkel oor? Hier is nog ‘n lekker resep. Die vinkel kan ook vervang word met selderystingels.

Die slaai hou goed vir ‘n dag of twee in die yskas, sonder die tamatie natuurlik. Voeg … Lees verder

Vinkel, ‘n Italiaanse kinkel

{jathumbnail off}

 

Hier is nog ‘n maklike slaai met ‘n Italiaanse kinkel. Die vinkel onttrek die skadelike en potensieel toksiese anti-oksidante wat dikwels in verwerkte kosse aangetref word en is ‘n interessante smaakbyvoeging. Die slaai werk ook sonder die vinkel… Lees verder

Somer is slaaityd!

Somer is nie die beste tyd om voor die warm kospotte deur te bring nie. Dis defnitief die lekkerste tyd om te smul aan iets kraakvars en gesond.

Waatlemoenskywe in blokkies gesny met ‘n paar vars, soet perskesnippers daarby, is … Lees verder