Brief: Korona is nie Suid-Afrika se eerste virus met politieke gevolge nie

Op 23 Februarie 2020, het Rapport oor Thabo Mbeki se miv-beleid berig, en dit volksmoord, asook die grootste misdaad teen die mensdom in die geskiedenis van Suid-Afrika genoem. The Economist het moontlik RW Johnson se rubriek in Rapport of ander … Lees verder

Video: Die risiko’s van die inperking — Dan Roodt en Gustav Venter in gesprek

Volgens Gustav Venter is die huidige inperking in die land “een van die grootste flaters wat die ANC ooit begaan het”. Maar het hulle werklik ‘n keuse gehad? Gegewe dat die staatskas leeggesteel is en die infrastruktuur afgetakel is sodat … Lees verder

Wonderkuur vir koronavirus van Gilead Sciences?

‘n Aankondiging gisteraand deur die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy wat in virusnavorsing en -medisyne spesialiseer, Gilead Sciences, het ná marksluiting ‘n sprong van drie persent in die S&P 500-indeks veroorsaak, terwyl die maatskappy se eie aandele met 15% boontoe beweeg het. … Lees verder

Koop Steve Hofmeyr se nuwe boek, ‘Die kwesbares’, hier

Die sanger en skrywer, Steve Hofmeyr, het so pas te midde van die koronavirusinperking ‘n splinternuwe misdaadroman, Die kwesbares, gepubliseer. Dit kan reeds as e-boek vanaf Amazon Kindle afgelaai word (klik hier onder op die klein voorblad van die … Lees verder

Brief: Constand Viljoen kon Angola en Suid-Afrika bevry het

Rapport Weekliks, “Laat Castro maar sy storie spin”, van 16 Februarie 2020 verwys. Leopold Scholtz skryf daarin dat Castro in 1988 met die vervalsing van die geskiedenis begin het. Want, Castro het volgehou die einddoel van die SAW in Angola … Lees verder

Genl. Constand Viljoen oorlede

Die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront, genl. Constand Viljoen is vandag oorlede. Hy was 86 jaar oud. Dr. Pieter Mulder, die vorige leier van die Vryheidsfront Plus, het dit in ‘n twiet bevestig.

Lees verder

Brief: Repliek op ‘Janusz Walus langer in tronk as Nelson Mandela’

‘n Brief deur Elma Potgieter na aanleiding van Guy Robertson van Kampsbaai se brief van 18 Maart 2020: Janusz Walus langer in tronk as Nelson Mandela.

Ek kan dalk ‘n bietjie lig werp op die aangeleentheid aangesien ek van … Lees verder

Helikoptergeld vir ‘armes’: nuwe linkse plan

Suid-Afrika mag dalk binnekort R25 miljard “weggee” aan sogenaamde “kwesbare mense” wat glo meer as ander onder die huidige inperking ly. Soortgelyke voorstelle word gewoonlik deur ekonome as “helikoptergeld” bestempel omdat dit neerkom op note wat uit helikopters oor die … Lees verder

Suid-Afrika het 709 koronavirusgevalle met Gauteng die brandpunt

Die getal Covid-19-sake in SA het tot 709 gestyg, ‘n toename van 155 op die vorige dag, het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdagoggend gesê.

Die grootste toenames in die aangemelde gevalle sedert Dinsdag is in Gauteng (64), Wes-Kaap (61), … Lees verder

Japannese griepmiddel laat Italië hoop skep

Italië vestig nou hoop op, Avigan, ʼn Japannese middel om die Sjinese virus te beveg.

Die regering het die groen lig gegee “om ʼn eksperimenterings- en navorsingsprogram te ontwikkel om die uitwerking van die middel (Avigan) tydens die vroeë fases … Lees verder

Brief: ANC-bewind gaan blanke kleinsake uitsluit van Covid-19-hulp!

30% Buitelanders het meer waarde vir die regering as sy wit burgers.

Swart werkers in die diens van nie-SEB-maatskappye suig ook duidelik aan die agterspeen.

Dit is ongelooflik dat ‘n regering in ‘n krisissituasie soos hierdie nog teen sy eie … Lees verder

Video: Die koronavirus mag dalk net die land verander

Die koronavirus leef veel langer in die lug en op oppervlaktes as wat mense dink. Daar is boonop 7,7 miljoen MIV-positiewe mense in Suid-Afrika, wat agt keer meer vatbaar vir longontsteking as gesonde mense is. Die gesondheids-en finansiële krisis wat … Lees verder

Brief: Janusz Walus langer in tronk as Nelson Mandela

Janusz Walus het een “politieke” moord op ‘n kommunis gepleeg maar sit nou effektief al langer as Nelson Mandela in die tronk wat ‘n dertig+jarige “burgeroorlog” en sanksies teen sy eie land gevoer het, wat duisende onskuldiges se dood tot … Lees verder

Koronavirus kan ure lank in lug en dae op oppervlaktes oorleef

Volgens ‘n nuwe studie wat leidrade verskaf om mense te help om die respiratoriese siekte genaamd COVID te voorkom, kan die hoogs aansteeklike nuwe koronavirus wat in ‘n wêreldwye pandemie ontplof het, ure lank aansteeklik bly in druppels in die … Lees verder