NUM, Solidariteit waarsku dat goudstaking dreig

‘n Verlammende staking dreig in die goudmynbedryf nadat salarissamesprekings tussen die vakbonde Solidariteit, die NUM en UASA in Johannesburg misluk het.

Goudprodusente het ‘n salarisverhoging van vyf persent aangebied, na ‘n aanvanklike aanbod van vier persent. Dit het daartoe gelei … Lees verder

Heli’s, Gripens nuttelose, duur hardeware

Nie een van die lugmag se 18 Agusta A109-helikopters vlieg nie meer nie, want daar is nie geld om hulle operasioneel te gebruik nie, het Beeld Woensdag berig.

Daar is net genoeg geld sodat hulle af en toe aangeskakel kan … Lees verder

Geweld breek weer by Medupi uit

medupibrand2‘n Groep van tussen 500 en 1 000 werkers het Woensdagoggend by die Medupi-kragaanleg sonder waarskuwing oproerig geraak, het Eskom bekend gemaak.

Die kragreus het in ‘n verklaring gesê betogers het klippe gegooi en twee voertuie is aan die brand … Lees verder

Anthony Weiner in nuwe seksskandaal

Die Amerikaanse politikus en selferkende sekspes Anthony Weiner het gesê hy beplan steeds om te staan vir die amp van burgemeester van New York, ten spyte van sy erkenning dat hy wéér seksueel eksplisiete boodskappe en foto’s aan ‘n jong … Lees verder

Geen uitspraak nog oor Tlokwe nie

Die stryd om die burgemeesterspos van Tlokwe Munisipaliteit gaan onopgelos bly.

Die aansoek om die raadsvergadering – wat geëindig het in die skorsing van Tlokwe-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester Maphetle Maphetle – tot niet te maak, is uitgestel in die Noord-Gauteng … Lees verder

Kongolees duik op in SA vloot

sanavyDie Nasionale Weermag het bewerings verwerp dat hy doelbewus beplan het om ‘n buitelander te werf.

Die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte-unie (SASFU) het sy skok uitgespreek dat ‘n Kongolese burger in die geledere van die SANW dien in die elite duikbootvloot van … Lees verder

Bek-en-klouseer breek by Phalaborwa uit

bekenklouDie voorkoms van bek-en-klou-seer is in Makhuva naby Phalaborwa in die noorde van die Kruger Wildtuin aangemeld.

Die departement van landbou sê die siekte is in ‘n gemeenskaplike weiveld opgespoor. Die gebied is binne Suid-Afrika se bek-en-klou-seer beskermingsone geleë.

‘n … Lees verder

OB gaan eers Gupta-klag ‘evalueer’

 guptawaterkloofDie Openbare Beskermer se kantoor sê Thuli Madonsela evalueer ‘n klag oor Vega Gupta se omstrede troue waar 270 bruilofgaste vroeër vanjaar by ‘n militêre lughawe, Waterkloof-lugmagbasis, kon land.

“Die evaluering van die klag is nog aan die gang…” het … Lees verder