Bieliemielie

Deel op
Met oorproduksie wonder Herrie soms of dit nie beter gaan wees as die telers weer sulke piepklein mielies kweek nie, soos die oer-oue moeiliekop was, en sekere ornamentele variëteite nou nog is. En in die mooiste kleure.

Kyk, met ‘n hele mieliekop wat omtrent soveel mieliemeel sal oplewer as een pit van ‘n bieliemielie kan die manne mos mielies na hartelus plant, sonder enige vrees vir ‘n oorskot.

Herrie dink net springmielies gaan lol as dit so groot soos die soutkorrels daarop is. Herrie was nou die dag by ‘n landbouberaad waar die deelnemers flink vir die silwer randjie ‘n donker wolk geskets het. Seg die een spreker: As daar nou twee dinge is wat ‘n boer nie kan weerstaan nie, is dit nat grond en nuwe skuld. En reën dit so mooi.

Maar terug na die bieliemielie. Vanslewe was daar in Suid-Afrika ook sulke reuse piesangs. Dié is uitgefaseer omdat dit moeilik verpak en vervoer is, en is met ‘n kleiner, smaaklike weergawe vervang.

By geleentheid gaan ‘n Suid-Afrikaanse piesangboer op ‘n studiereis na die VSA, en daar is alles mos groter en beter. Toe die hoeveelste boer so oor sy groot piesangs spog, is die Suid-Afrikaner al goed moeg vir die storie.

“Kry julle ook sulke groot piesangs ‘n Suid-Afrika?” vra die Yank oplaas.

“Nee,” sê die Suid-Afrikaner. “Sulke kleintjies gooi ons in die see om te keer vir oorproduksie.”

Herrie is so bly die boere kan nog ‘n fees deurwerk, met so baie plaasaanvalle ook in die Oos-Vrystaat. Wanneer Herrie aan plaasaanvalle dink, dink Herrie ook in terme van bielies. ‘n Bielie van ‘n boel wat die plaasaanvallers byt, ‘n bielie van ‘n geweer waarmee op hulle geskiet word, ‘n bielie van ‘n kramp wat hy moet kry wanneer hy net die gedagte kry om ‘n plaasaanval uit te voer, ‘n bielie van ‘n galg…

Of ‘n spesiale item by die Bieliemielfees – teikengooi na plaasaanvallers. Enige gooiding deug – veerpyltjies, knopkieries, byle…

O, Herrie is ‘n bietjie bieliebloeddorstig?

Ja, Herrie weet sy gedagtes is onfatsoenlik, en dit hoort nie. Maar Herrie het familie en vriende op plase. Kindertyd se buurseun Henkie en sy swaer is met masjiengewere afgemaai. Ander is aangeval.

En Groot Herrie se kop staan boerdery toe.

Teen daai tyd, eintlik sommer nou dadelik, bid ‘n ouerhart dat plaasaanvalle iets van die verlede moet wees.

Dat daar weer ‘n tyd sal kan wees waar boere en hul gesinne aanddienste in die dorp kan bywoon, Oujaarsaand die buurman se hek met ‘n stewige stuk draad kan gaan vasdraai, buurmanne weer vir hul bure se kinders kan gaan Kersvader speel…sonder die gevaar om oorval te word of deur boosdoeners by die huis ingewag te word.

‘n Tyd wanneer die boer en sy vrou weer in die aand op opvoubedjies op die grasperk kan gaan lê en die sterreprag bewonder, kyk hoe satelliete dwars oor die hemelruim toer.

En hom so die nabyheid van sy Skepper kan ervaar.

аксессуары дляФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.