Palestynse regering, Hamasteenvoeter, bedank

Deel op

Die Palestynse premier Salam Fayyad sal Maandagoggend sy regering se bedanking aan president Mahmud Abbas bied, het ‘n senior beampte Sondag aan AFP gesê.

Iran se Ayatollah Ali Khamenei het die vernietiging van Israel op sy webblad voorspel, berig die Huffington Post.

“Die dag sal beslis kom dat die nasies van die Midde-Ooste die vernietiging van die Sionistiese regime sal sien,” het Khamenei op die webblad gesê.

“Hoe vinnig dit sal gebeur, hang af van hoe Islamietiese lande en Moslem-volke die situasie benader.”

Die president van die VSA het ook reageer op die bedanking van Mubarak. “Die mense van Egipte het gepraat, hul stemme is gehoor en Egipte sal nooit weer dieselfde wees,” het Obama gesê. “Egiptenare het ons geïnspireer. Hulle het dit gedoen deur te wys dat die verkryging van geregtigheid deur middel van geweld, ‘n leuen is. Want in Egipte was dit die morele krag van geen geweld, geen terrorisme, geen sinnelose moord, wat geregtigheid laat seëvier het. “

Hamas-woordvoerder Sami Aboe Zuhri in Gaza het gesê: “Die bedanking van die Egiptiese president Hosni Mubarak is die begin van die oorwinning van die Egiptiese revolusie. Dié oorwinning was dansky die opofferinge en die standvastigheid van die Egiptiese volk. Ons doen ‘n beroep op die nuwe Egiptiese leierskap om onmiddellik die blokkade van Gaza en Rafah (grens) permanent op te hef en oop te stel sodat mense vryelik kan beweeg om hulle in staat te stel om die heropbouproses van Gaza te begin. “

play onlineФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.