Afrikaners se groen dwelm

Deel op

ImageDie romanskrywer Justin Cartwright skryf in die Britse Telegraph dat die 20ste Oktober die einde van ‘n soort wêreldse religie vir Afrikaners beteken, naamlik die religie van rugby. Cartwright skryf dat rugby veel meer as ‘n sportsoort vir Afrikaners is, en bygedra het tot die definisie van ons identiteit.

Ek is geneig om met hom saam te stem. Soos konvensionele godsdiens vir Marx die opium van die volk was, was rugby vir Afrikaners spesifiek in die aanloop tot 1994 en kort daarná ‘n soort dwelm. Die wortel van hertoelating tot internasionale sport het heelwat bygedra om ons Afrikanerdonkies se koppe te draai om nasionale selfmoord te pleeg in die referendum van die vroeë negentigerjare. In 1995 het baie Afrikaners vir ‘n wyle hooggerook rondgestap met valse illusies oor die bestaan van ‘n sogenaamde reënboognasie, ‘n mite wat sedertdien oortuigend begrawe is.

Deel op

Vandag en môre bruis daar egter opnuut groen kokaïen in die are van Afrikaners. Maak nie saak hóé sleg dit vandag met Afrikaners gaan nie, is al wat vandag saak maak ‘n oorwinning teen die Engelse. Vergete is die afranseling wat die Springbokke in 2006 teen Australië op die lyf geloop het. Vergete is plaasmoorde, die onlangse skokkende moord op ‘n blanke vrou in Lynnwood Manor, regstellende aksie, naamsveranderinge en Afrikaners se status as tweedeklasburgers in ons eie land. Ons loop met ons groen truie rond en verbeel ons alles is in orde, net so gelukkig soos ‘n dwelmverslaafde met sy teelepel en spuitnaald.

Dis nie te sê dat ek nie wil hê hulle moet wen nie. Die Engelse moet pa staan vir baie onregte teenoor die Afrikaner, en ‘n oorwinning teen hulle sal ‘n abstrakte soort wraak verteenwoordig. Diegene wat kapsie maak teen Gustav Venter se artikel is reg dat baie van die spelers in die Springbokspan Afrikaners is. Daar is in der waarheid minder spelers wat nie Afrikaners is nie: Smit, Habana, Montgomery, James en enkele ander. Ja, natuurlik verteenwoordig hulle ook more die Afrikaners. Selfs die Franse is voorspelbaar agter die span (enige opponent van die Engelse sal Franse steun kry), en is dit ook so dat daar ‘n sterk Franse verbintenis is: Du Plessis, De Villiers en Du Preez.

Ongelukkig vir almal van ons wat wil hê die Bokke moet wen, gaan die groen dwelm binne enkele dae gemetaboliseer word en uit ons gestelle gewerk word. Die ANC-regime maak geen geheim daarvan dat die Springbokke in hul huidige vorm vierkantig in die regime se visier is ná more-aand se eindstryd nie. Maak nie saak dat die oorweldigende meerderheid van die ander volkere van Suid-Afrika hoegenaamd geen erg aan die sport rugby het nie, en veel meer omgee wat met Kaizer Chiefs gebeur nie. Maak nie saak dat die meeste Xhosas, kleurlinge en Zoeloes, met hul beduidende hoeveelheid Koisan-gene, fisies te klein is vir die moderne spel nie.

Rugby móét ten spyte van al die bogenoemde faktore getransformeer word. Afrikaners moet onder dwang van hul dwelm gespeen word. Daardie irriterende Afrikaners moet etnies gereinig word uit die Springbokspan en vervang word deur sesderangse gekleurde of swart spelers soos Eddie Andrews. Die Springbokembleem gaan binnekort "heroorweeg" word (lees: vervang word.) Soos Cartwright uitwys, is rugby só belangrik vir Afrikaners, en is die ANC regime só verbind tot die vernietiging van die Afrikaner, dat Dan Roodt se spreekwoordelike Xhosa-Indiërmag (Xim) wat onwettig in beheer van die land verkeer, nie anders kan as om die sport ten alle koste te wil vernietig nie. Nie net gaan die regime die Afrikaner se geskiedenis, kultuur, taal, ekonomiese geleenthede en persoonlike veiligheid vernietig nie, maar ook sy wêreldse godsdiens van hom wegneem, en sy dagga as’t ware konfiskeer.

Verwag dus dat die Hiënas (of hoe die Suid-Afrikaanse rugbyspan dan ook al gaan heet) die 2011 Wêreldbeker sal bybring met ‘n span wie se grootste voorspeler vyf voet elf gaan wees, maar darem die korrekte velkleur het. Verwag dat Georgië, Portugal of Japan ‘n realistiese kans sal geniet om in 2011 teen die Hiënas te wen. Verwag dat die spangroep van 30 spelers in 2011 minstens vyftien vleuels vanuit die Kaapse Vlakte sal insluit.

Anders as Gustav wil ek hê dat die Sprinbokke more moet wen, maar ek stem wel met Gustav saam dat dit bloot sal dien om die dwelmverslaafdheid van die Afrikaner te verleng. Sou die Springbokke more wen, sal my blydskap getemper wees met die wete dat die oorwinning eintlik ook ‘n begrafnis was.

махровый халат для девочки купитьДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.