Geen gru-porno by stadsraad asseblief!

Deel op
Die Johannesburgse stadsraad het sy werknemers in ‘n omsendbrief gewaarsku teen die aflaai van kinderpornografie en materiaal waarin bestialiteit uitgebeeld word, het The Star Woensdag berig.

Die brief, wat by die Sophie Masite-burgersentrum in Jabulani, Soweto, opgeplak is, lui: “Alle stedelike bestuur-werknemers word aangeraai om dadelik die aflaai en verspreiding van pornografiese materiaal te staak… die departement sal sonder enige huiwering dissiplinêre aksie instel… en kriminele aanklagte aanhangig maak indien die opdrag versuim word”.

“Dit is onder die aandag van die kantoor van die uitvoerende direkteur gebring dat die stad se rekenaarstelsel misbruik word, met spesifieke verwysing na die aflaai van volwasse pornografie, kinderpornografie en bestialiteit,” lui die brief verder.

Gabu Tugwana, woordvoerder van die stadsraad, het ontken dat die omsendbrief uitgestuur is nadat werknemers betrap is terwyl hulle die materiaal aflaai.

Hy het gesê die omsendbrief was daarop gemik om werknemers aan die stad se beleid te herinner en te waarsku oor dissiplinêre stappe wat teen hulle gedoen kan word.

“Dit is ‘n taktiek om die moontlike oortreding van die stad se rekenaarbeleid te verminder.”

Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die Rolprent-en-publikasieraad (RPR), het gesê hulle het nog geen klagtes van die stadsraad ontvang nie.

Die RPR vereis ingevolge art. 27 van die Wet op Rolprente en Publikasies dat enigeen wat vermoed dat iemand ‘n film wat kinderpornografie bevat skep, besit, invoer of versprei dit by die polisie moet aanmeld.

Die stadsraad sal dalk aan die RPR moet antwoord omdat hy glo versuim het om die klaarblyklike misdade van sy werknemers aan te meld.

excalibur Данильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.