Die mag oor lewe en dood

Gister ontvang ek ‘n reeks foto’s van slagoffers van plaasmoorde. Alhoewel mens jouself sielkundig voorberei as jy die foto’s kyk, is daar geen manier om die skok vooraf te voorkom nie, selfs al het jy dit ook vantevore gesien en beleef. Dit is net eenvoudig ondenkbaar dat een “mens” so-iets aan ‘n ander mens kan doen. Inteendeel ek glo nie eers daar is iewers ‘n “mens” in die wêreld wat so-iets aan ‘n dier sal doen nie.

Die absolute onmenslike wreedheid waarmee plaasmoorde gepaard gaan, laat natuurlik die vraag ontstaan, wat is die motivering van die moordenaars om tot sulke dade in staat te wees? Wat gaan in die psige (as hulle so-iets het) van die aanvallers aan? Diere maak mekaar dood vir kos of beskerming – op watter wrede manier ookal in die mens se verwysingsraamwerk. Die prentjie van die trop leeus wat ‘n buffel gevang het, en reeds begin vreet terwyl die buffel nog lewe kom hier ter sprake.

Maar die mens is tog veronderstel om ‘n siel en ‘n gewete te hê, ‘n deernis met andere van ons spesie. Of is ons van dieselfde spesie? Die antwoord waarop ek uitkom, is die mag wat die sterkere oor die swakkere uitoefen. Dit is ‘n mag wat deel is van die mensdom, deel is van ons psige. Die groot boelie wat kleiner kinders op die speelgrond rondstamp, die bestuurder van die groot 4X4 wat die klein Golfie se bestuurder intimideer om pad te gee dat hy kan verbykom, die bestuurder wat sy personeel terroriseer by die werk, die moordenaar met sy wapen in sy hand as sy slagoffer hulpeloos voor hom lê. In die eerste gevalle hierbo genoem, is die mag beperk, en in die publieke oog, en is die mag dus meer beheerd. Maar in die laaste geval, word daardie mag absoluut, soortgelyk aan ‘n god.

Wat daarmee saamgaan is die mag tot skepping of verwoesting, die mag om te heel of te skend, die mag om op te hef of te folter. In alle godsdienste word daardie magte aan die relevante opperwese of god toegeken, en is dit hoekom ons as christene, God as almagtig beskou.

Dit sê vir mens baie oor die geweldsmisdade van Afrika, en spesifiek die plaasmoorde Suid Afrika. Hoekom, as die misdadiger kan wegstap met sy buit (as diefstal die motivering is), moet die slagoffer daarby nog verkrag, gemartel, vermink en/ of vermoor word?

Ek dink dit is daardie waansinnge oomblik van mag, waarin die misdadiger wil wys dat hy meer mag het as die slagoffer, en waar die vermoë om te kies tussen goed en kwaad, tussen lig en donker, ontbreek. En dit word verder aangevuur weens ‘n diepgewortelde haat jeens die blanke, wat verder aangewakker word deur ANC-politici se uitsprake, wat groter rassiste is as enige blanke. Die geskiedenis van Afrika bewys dat hier iets ernstigs fout is wat die gebruik, of eerder misbruik, van mag betref. Kyk wat het tussen die Hutsi’s en Tutsi’s gebeur! In die tagtigs het duisende jubelende en dansende “mense” gejuig as een van hulle met ‘n brandende buiteband om die lyf lewendig voor hulle verbrand word.

Die res van die wêreld het by daardie magsmisbruik en magswaansin verbybeweeg na die Middeleeue en die Tweede Wêreld-oorlog, wat deur sommige kenners as die laaste van die “imperialistiese ou wêreldoorloë” gereken word, maar in Afrika is dit nog deel van die kultuur, van die wet van die oerwoud – “oorlewing en die mag van die sterkste”.

En in terme van die Strafreg, waar laat dit die moontlike slagoffer om sy/haar eie keuse te maak om maksimum geweld te pleeg om die misdadiger af te weer? Moet jy eers met die aanvaller onderhandel en vra wat sy bedoelinge met jou is? Die feit dat so baie van ons mense eerder ons vaderland verlaat oor geweldsmisdade, en jy wat dit wil verlaat – ten regte ook – om weg te kom van hierdie barbaarse kultuur, sê vir my dat ons as afstammelinge van Europa in ons onderbewussyn nie daarmee wil saamleef of geassosieer wil word nie.

Om die “mense” van Afrika om te draai, om die weg van die lig te kies, lê veel dieper as om dit simplisties voor die deur van armoede of apartheid te lê. Hoekom pas politiek die Afrikaan soos ‘n handskoen? Omdat dit ‘n stryd om mag is, ‘n magspel. En as hulle dit kry, klou hulle daaraan met alles wat hulle het – à la Mugabe en al die ander diktators en despote wat al aan die bewind was in een of ander Afrika land. Die ANC is de facto dronk van daardie mag, en soos Lord Acton gesê het: “Power corrupts, and absolute power corrupts absolutely.”

Dit is hoekom Malema en sy Jeugliga vir comrade Zuma wou moord pleeg, hoekom hulle nog die Kill the Boer-lied wil sing, hoekom die sg. MK-oudstryders die Weskaap onregeerbaar wou maak (want hulle het die mag daar verloor – ‘n bitter pil om te sluk), hoekom die plaasmoordenaars se wreedheid geen perke ken nie. Altyd die spel om, en beheer van, mag, dierlike mag, want dit is Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.