Stabiliteit deur realiteit in Libanon

Deel op
Terwyl staatkundige rustigheid op die oog af na Libanon terugkeer, is daar steeds ‘n donker terreurwolk wat oor die land hang.

Die rede vir hierdie donker wolk is dat die nuwe regering deur Hisbollah gesteun word. Die VSA en sy bondgenote beskou Hisbollah as terreurorganisasie, en sanksies geld teen die organisasie en sy ondersteuners.

Die feite op die grond spreek egter ‘n ietwat ander storie. Selfs na die VSA $720 miljoen sedert 2006 aan militêre hulp aan Libanon gegee het om die regering sterk en pro-Westers te probeer hou, is Hisbollah steeds die sterkste militêre mag in die land.

Toe Hisbollah parlementêr die pro-Westerse regering tot ‘n val gebring het, is vermoed dat dié organisasie nie self sou belangstel om die bewind oor te neem nie. Dit sou immers die fyn balans tussen Christen, Soenie en Sjiïet versteur. Hisbollah, radikaal Sjiïties het uiteindelik ook nie regeringsopsies uitgeoefen nie, en ‘n neutrale Soenie-sakeman as Premier laat toetree. Hierdeur is die balans behou waar die premier tradisioneel ‘n Soenie is, die speaker ‘n Sjiïet en die president ‘n Maroniete – Christen. Elkeen verteenwoordig ongeveer ‘n derde van die bevolking.

Hisbollah se optrede is egter ver van gerusstellend. Met die verwikkelinge het Hisbollah se leier in ‘n TV-onderhoud gesê dat, terwyl die Libanese bevolking, Christen, Soenie en Sjiïet saans rustig slaap, gaan sy organisasie voort met militêre opleiding, met die implikasie dat ‘n veldtog teen Israel beplan word.

Voorts is daar veel meer groeperings in Libanon as dit wat deur hoë ampte by die eenheidsregering betrek word. Die Christenbevolking bestaan uit talle groeperings waarvan nie almal etniese Libanese is nie, terwyl die Moslem-bevolking ook heelwat meer fraksies bevat, en boonop ‘n groot Palestynse bevolking in diaspora huisves.

Hisbollah se noue bande met Iran en ander terreurorganisies is ook nie bemoedigend nie. Moontlik kan die Libanese bevolking nou rustig slaap, maar solank Hisbollah by sy doelwitte bly, is daar min slaap vir die bure.

детски иглобановский класс харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.