Uitnodiging aan Praag-deelnemers oor die Volksverkiesing

Die Afrikaner het nie meer tyd of geleentheid om na alternatiewe te soek om op die Vryheidspad te vertrek nie. As ons eers na al die leunstoelplanmakers se planne en voorstelle moet luister, gaan ons huidige geslag al oorlede wees, voordat daar iets gebeur.

Die juridiese agrumente waaronder die VVK begin is, en waaronder dit die Volksverkiesing  aan die gang gesit het, is waterdig, en soos ek in my vorige artikel gestel het, ‘n broodnodige beginpunt van ‘n baie belangrike reis. As daar mense is wat nou ernstige kritiek daarteen het, sou die duidelike aangewese optrede vir daardie mense wees, om self van hulle leunstoele af op te staan, en hulle planne dan in werking te stel, sodat almal dit kan toets in die vorm van ondersteuning.

Maar dan sal hulle vind dat, in die aard van die Afrikaner, daar duisende mense gaan wees wat dit kritiseer, afskiet en as onhaalbaar afmaak. Ten minste sal hulle dan kan sê; “Ons het die moed van ons oortuiging gehad om op te staan vir wat ons glo.” My kennis van ons volk sê egter vir my dat geeneen van die leunstoel kritici of planmakers daardie moed aan die dag sal lê nie, en dit gemaklikersal vind om net “Wolf-wolf” te skree, en dan aan te gaan met hulle daaglikse dingetjies, terwyl hulle uitkyk vir die volgende man, met moedige oortuigings, se plan om af te skiet.

Ek rig dus hierdie ope uitnodiging aan almal. Stuur asseblief julle vrae en dinge wat kwel  in verband met die Volksverkiesing na herza1000@gmail.com . Ek het met Paul Kruger van die VVK ooreengekom dat hy saam met my die vrae sal deurwerk, en skriftelik daarop sal antwoord. Wees asseblief kort en op die man af, aangesien ons nie tyd sal hê om deur lang opstelle te werk nie. Dui ook asseblief die onderwerp aan as: “Navraag: VVK”. Aangesien ek en Dan binnekort na Amerika vertrek,  onderneem ek om teen einde Februarie / begin Maart, Paul se antwoorde te publiseer.

Na aanleiding van sommige kommentaar wil ek dit ook duidelik stel, dat Praag nie agteroor sit en agter die Volksverkiesing gaan skuil om niks te doen nie. Ons gaan volstoom voort om die Afrikaner se saak te stel, en gaan ook voort met ons plan om ‘n eie Afrikanergebied te bekom onder ‘n Ontwikkelingskoöperasie.  Ek en Dan Roodt besoek Amerika eersdaags, waar ons met invloedryke mense en politici gaan gesels oor die situasie van die Afrikaner en blankes in Suid Afrika, en spesifiek die volksmoorde wat aan die gang is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.