FAK sluit aan by kritiek teen kultuurkommissaar

Deel op

Komende na PRAAG se verklaring vanmôre, het die FAK so pas ‘n verklaring uitgereik waarin die ANC-minister van kultuur, Pallo Jordan gekritiseer word vir sy ongevraagde uitlatings oor Bok van Blerk se De la Rey-lied. Hier volg Johann Rossouw, HUB, se volledige teks:

Deel op

"Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings, die FAK, het die Departement van Kuns en Kultuur (DKK) gewaarsku teen ‘n kwaadwillige, neerbuigende wanvertolking van Bok van Blerk se liedjie, De la Rey. Volgens die FAK is dit verregaande om soos die DKK te suggereer dat dié lied hoegenaamd met sogenaamde "gewapende weerstand" of "kaping deur regsgesindes" in verband gebring word. Dit is eweneens ongegrond om soos die DKK te beweer dat die Anglo-Boereoorlog-held en vredemaker, genl. De la Rey, "deur ‘n minderheid van regses" as oorlogsheld beskou word, terwyl De la Rey allerweë as een van die mees wyse Afrikanerleiers tot nog en een van Afrika se eerste anti-koloniale vryheidsvegters geag word.

Die DKK behoort kennis te neem dat die lied, De la Rey, se reuse gewildheid baie wyd onder Afrikaners van alle oortuigings is. Hierdie gewildheid hou ongetwyfeld verband met die waardige, positiewe wyse waarop die lied Afrikaners se identiteit erken. Dit hou ook verband met die behoefte aan verbeeldingryke, demokratiese leierskap by Afrikaners, asook die dikwels hardhandige wyse waarop die regering met belangrike simboliese kwessies van Afrikaners omgaan. Die DKK se afmaking van druk op Afrikaanse kultuur en die taal Afrikaans – waaronder alle inheemse tale vandag gebuk gaan – as "onsin" is ‘n gevaarlike ontkenning van feite soos die dramatiese verengelsing van Afrikaanse universiteite en skole. Hierdie soort ontkenning herinner aan die manier waarop swart Suid-Afrikaners se legitieme griewe onder die vorige bedeling weggepraat is. Om ook nog die Wet op Hoogverraad en die Boeremag-verhoor soos die DKK met die De la Rey-debat ter sprake te bring, is onverantwoordelik en getuig van ‘n neiging om alle Afrikaners van smeulende rassisme en onpatriotisme te verdink.

Hierdie ongelukkige uitsprake van die DKK toon hoe groot die kloof tussen die regering en Afrikaners geword het. Dit is in niemand se belang dat hierdie toedrag van sake voortduur nie, en daarom doen die FAK ‘n beroep op die DKK om hom van die feite te vergewis en eerder ‘n volhoubare vennootskap met Afrikaners te vestig. Suid-Afrika se belangrikste voorwaarde vir sukses bly die vriendskap tussen Afrikaners en Afrikane, en hierdie doel moet met groot energie nagejaag word, eerder as om mekaar verdag te maak."

боди для новорожденных девочек купитьлобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.