Matriekslaagsyfer van 2010 is bekook

Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.

In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regering van uiterste belang om ‘n sy beeld te poets en is dit hoogs waarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.

Met ‘n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak hy baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyser vakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede.

Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regering en Sadou oor ‘n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met ‘n swak matriekslaagsyfer. En dit is natuurlik in die minister van onderwys se mag om die syfer te bekook deur Umalusi.

Sadou is ‘n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt ‘n alliansie vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap.

Stadsrade is onbevoeg.

Die regerende party het reeds talle probleme as gevolg van kaders in stadsrade wat weens hulle onvermoë, onbetroubaarheid en laksheid in gebreke bly om dienste te lewer aan hulle kiesers.

Tans word 38 munisipaliteite in Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Oos-Kaap ondersoek vir beweerde ongerymdhede. In Suid-Afrika se hoofstad, Pretoria het die Tshwane-munisipaliteit besluit om mnr Kiba Kekana te beloon met ‘n goue handdruk van R2,3 miljoen na die beweerde onbehoorlike hantering van dié raad se geldsake en kontrakte.

In die Madibeng-munisipaliteit (Brits/Hartbeespoort) kry die voormalige munisipale bestuurder mnr Philemon Mapulane nog steeds R1,1 miljoen salaris per jaar nadat hy meer as ‘n jaar gelede geskors is. En so gaan dit aan.

Mnr Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het in Desember 2010 onthul dat dit kos R4 miljoen om 1km in die Noord-Kaap te teer terwyl die belastingbetaler in Gauteng R17 miljoen per km opdok!

Die ANC-regering het dus nodig om sy beeld by die kiesers van Suid-Afrika te poets, ook in die lig van die ongemaklikheid tussen die alliansie vennote Cosatu en die SAKP.

Die onmin tussen die swart onderwys vakbond Sadou en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het duidelik na vore gekom toe Sadou by die aanvang van die 2010 matriekeksamen ‘n verklaring uitgereik het waarin hulle gesê het dat “indien die matrieks swak vaar in die eksamens vanjaar” dit nie hulle skuld is nie, maar die regering s’n. Dis natuurlik na aanleiding van die meer as twee weke lange staking vir hoër salarisse verlede jaar wat die onderwys erg ontwrig het bo en behalwe die lang sokker vakansie.

Met dié staking het die onderwysers alle openbare skole ontwrig – selfs die wat nog al die jare ‘n nul slaagsyfer het. Daarby het hulle getoon dat hulle nie ‘n greintjie respek het vir hulle professie of die toekoms van hulle leerlinge nie en dat hulle ‘n salaris eis wat nie ooreenstem met hulle produktiwiteit nie, maar met hulle behoeftes.

Die dag na Sadou se verklaring het Motshekga ook ‘n verklaring uitgereik (in antwoord op Sadou s’n) waarin sy gesê het dat mense nie bekommerd moet wees nie aangesien die matrieks goed sou vaar en die slaagsyfer 65% sou wees.

Dit is nie vêr van die 67,8% wat sy verlede week met groot fanfare bekend gemaak het nie.

Is sy heldersiende?

ANC rampokkerbende.

Die antwoord is nee. Want eintlik het ons te doen met ‘n rampokkerbende wat die land tans regeer en hulle sal enige iets doen om in die mag te bly.

RW Johnson skryf in sy boek SOUTH AFRICA’S BRAVE NEW WORLD (p562) dat 30% van die tagtig lede van die ANC se nuwe Nasionale Uitvoerende Raad (NUR) wat in 2008 in Pietersburg tydens hulle Polokwane Konferensie verkies is, “… either were or had been in trouble with the law for one reason or another”.

Dink maar aan die wapen skandaal waarby talle hooggeplaastes van die ANC betrokke was en wat alles deur die ANC-regering gedoen word om dié skandaal toe te smeer – ook deur ons geagte president mnr Jacob Zuma. Nou ja, almal is innocent till proven guilty.

In 2005 is die sogenaamde Travelgate skandaal onthul toe ‘n forensiese verslag 330 Parlementslede (LP’s) (uit ‘n totaal van 400) geidentifiseer het wat onregmatige voordele ontvang het. Van die DA LPs was net een, mnr Craig Morkel, by die skandaal betrokke.

Destyds het die DA 50 setels gehad, wat beteken dat 329 skuldige individue onder die ander 350 LPs getel het. Feitlik die hele ANC parlement elite – ingesluit talle ministers – was skuldig. Dog was minder as 30 ANC LPs vervolg en die in hooggere stoele kon ooreenkomste sluit om vervolging vry te spring.

Die ANC hoofsweep, Mbulelo Goniwe, wat hierdie ooreenkomste agteraf gereël het, was self bevoordeel deur so ‘n “ooreenkoms”. Hy het egter sy werk kort daarna verloor nadat hy skuldig bevind was aan herhaalde seksuele teistering.

Harry Charlton, finansiële hoof van die Parlement, het net begin om verdere reisskandale oop te rakel van R55 miljoen toe daar van hom ontslae geraak is deur nietige aanklaggies…

Sifiso Nkabinde, die ANC voorvegter in Richmont, het nadat hy in die tronk beland het in die negentigerjare weens ‘n uitval met die ANC-leiers in Natal, onthul dat talle top ANC persone betrokke was by baie bankrowe en transito rowe. Sy lewe was daarna kort geknip.

Onderwys het ontspoor

Graeme Bloch, ‘n onderwyskenner, het in sy boek met die titel The Toxic Mix gesê dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het. Verder het hy gesê dat dit dertig jaar sal neem om dit te herstel indien die regte persone dadelik in beheer geplaas sou word. Dit het nie gebeur nie.

Vir die voorafgaande 5 jaar het die slaagsyfer van die openbare skole elke jaar gedaal met ‘n persentasie punt of twee tot op 60,6% in 2009.

Die groot oorsaak hiervan is te wyte aan die sogenaamde uitkomsgebaseerde onderrigmetode (UGO) ook bekend as die PASS ONE PASS ALL metode wat deur Sadou enkele jare gelede ingevoer is om die een of ander ideologiese rede. Motshekga het aan die begin van verlede jaar (heeltemal te laat vir die 2010 matrieks) aangekondig dat UGO gestaak word.

Basiese vaardighede soos lees, skryf en somme maak was deur die jare agterweë gelaat.

Soos bewys is met Progress in International reading and literacy study (Pirls) geletterdheidstoetse waaraan Suid-Afrika het in 2006 deel geneem het. Uit 40 lande en 45 onderwysstelsels het die Suid-Afrikaanse leerlinge laaste gekom.

Uit navorsing in 2007 waaraan 42 000 graad ses leerlinge uit 2 250 skole in 14 lande deelgeneem het, was getoon dat in Afrika, Suid-Afrikaanse skole die swakste is.

Matrieks neem basies sewe vakke in graad 12. Om matriek te slaag moet ‘n leerling ses vakke deurkom: drie met 40% en drie met 30%. Lewensoriëntering wat een van die 7 vakke is, word intern geëvalueer en is dit derhalwe makliker om 40% daarin te kry.

Dis dan ook opmerklik dat die slaagsyfer in dié vak toegeneem het van 65,5% tot 74,6%. Dit is ‘n styging van 9,1 persentasiepunte.

Wiskunde geletterdheid het met 11,3% van 74,7% tot 86% gestyg en fisiese wetenskap met 11% van 36,8% tot 47,8%. Bostaande stygings is abnormaal hoog en vra om verduideliking.

Prof. Kobus Maree, onderwyskenner van die Universiteit van Pretoria (UP), het aan Beeld gesê daar is nêrens “sistemiese bewyse” van drastiese beter onderwys nie. Hy reken dat die antwoord vir die hoë styging dalk eerder gesoek moet word in vraestelle wat wyd in omloop was en beter afrigting vir die eksamen.

Desnieteenstaande alles, het 33% van verlede jaar se matrieks wat in 7 vakke eksamen geskryf het, nie geslaag nie. Dit is skokkend.

En om te dink dat 90% Afrikaner kinders wat tans in die openbare skole is, deel is van hierdie bestel waar standaarde gestel word sodat ‘mense’ met ‘n IK van 60 ook kan slaag.

Gee ons skole terug!

Ons is vasgevang in en deur hierdie demokratiese bestel en uitgelewer aan die mag van die swartes en verswaktes, rampokkers en ongeletterdes.

Ons moet daaruit kom.

Onderwys is ‘n eie saak en die Afrikaner sal, indien hy sy selfrespek wil herwin en om te kan oorleef in hierdie land, agiteer vir sy eie openbare skole – die model C skole wat ons voorouers met hulle belasting geld opgerig het en in stand gehou het. Dié skole moet onder beheer kom van ‘n selfverkose Onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid wat ook beskerming sal verleen aan tersiêre inrigtings en opleidingsentrums asook tuisskoling en privaatskole soos die BCVO indien hulle dit sou verkies.

Die Afrikanervolk kwalifiseer by uitstek vir minderheidsregte wat wêreldwyd erken word. Ons het ‘n reg en ‘n verantwoordelikheid om ons eie kinders op te voed en te onderrig in skole waar ons kultuur en waardes beskerm sal wees en ook oorgedra word aan die volgende geslag.

Ons eis gehalte moedertaalonderrig vir ons kinders en kleinkinders.

Laat ons wekroep vanjaar wees: Gee ons skole terug!

André Alkema
Voorsitter
Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

flower bridal headband

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.