Die ironiese rassisme van die Europiërs se bottersimpatie

Ek het gisteraand Andre Rieu se konsert in Maastricht op televisie gekyk, wat gehou is net na sy Suid-Afrikaanse toer. In hierdie konsert het hy ‘n klein koortjie en jong swart mense wat viool en tromme speel uit Suid Afrika

saamgehad. Die kinderkoor was van Bloemfontein, en die musikante van sy Houtbaai projek, waar hulle viole en opleiding skenk aan swart kinders uit arm huise.

Alles was goed en wel, en die kinders het hulle almal baie goed van hulle taak gekwyt, maar wat opvallend was, is die absolute “bottersmeltende simpatie” en deernis wat die 100% wit en Europese gehoor uitgestraal het oor die swart mense se optrede en uitvoering. Ek het gesit en wonder, of kinders uit Kazakstan, Uzbekistan, Afghanistan of watter stan ookal, dieselfde emosies by hierdie gehoor sou ontketen? Of wat van kindertjies uit die reënwoude van die Amazone of Papua-Guinee, of die Humba Bumba eilande? Ek glo nie, en dit laat weereens die vraag ontstaan, waar kom hierdie absolute deernis teenoor, en troetelstatus van die Afrikaan vandaan?

Wat is die oorsaak dat die wêreld altyd net swartmense wil help, wil vertroetel, wil jammerkry, solank die swartes net nie vir hulle ‘n “eie” probleem is nie? Daar sit miljoene mense, stamme en volke in onontwikkelde dele van die wêreld, wat geen rykdom, skole, mediese dienste en/of geleenthede het nie, maar met hulle het die wêreld vrede. Plaas ‘n foto van Indiaanse kinders in Amazonië, wat net met lendeklede aan sit en speel met kokosneutdoppe, en die oerwoud in die agtergrond, en die mense sug: “Hoe oulik, hulle lyk so vredevol”.

Maar plaas ‘n foto van ‘n paar swart kindertjies uit Afrika, met denims en T-hemde aan wat sit en speel met ‘n sokkerbal, teen die agtergrond van ‘nmediese kliniek, en die reaksie is: “Hoe oulik, het hulle hulp nodig? Hoe kan ons help? Kan ek enetjie aanneem – of sommer drie?!” En hierdie botterhouding is meer van toepassing op Suid Afrikaanse swartes as vir die res! Suid Afrika is nie ‘n arm land nie, en as mens net die geld wat deur korrupsie en bedrog in die hande van die ANC vetkatte en hulle vriende se sakke val kon gebruik, kan jy vir elke kind in hierdie land ‘n viool, sokkerbal en rekenaar koop!

Die afleiding wat ek maak, na jare se waarneming van hierdie situasie, is dat dit net ‘n ander vorm van rassisme is. Dit is waar die wêreld, en veral Europa se onderrok ver begin uithang. Hulle sien eintlik die swartmens as minderwaardig, en enige manier wat die swartmens presteer en iets “westers” regkry, moet met groot akkolade bekroon en besing word. Dit is soos ‘n sirkusdier wat geleer is om toertjies te doen – die hondjie wat op sy voorpootjies al om die sirkusring loop. Almal wil net die oulike dingetjie huistoe vat en vertroetel.

Enige hulp wat verleen kan word om die swartmens meer westers te laat leef, is ‘n ideaal wat met groot ywer nagestreef moet word. Die res van die wêreld se arm mense, vra nie hulp nie, probeer nie wees wat hulle nie is nie. Hulle is nie hierdie bodemlose put van geldelike donasies en sosiale bystand nie. Hulle leef volgens hulle tradisies, en is gelukkig om niks te hê nie, en die wêreld het vrede daarmee. Maar Afrika hou sedert die einde van slawerny, en die koloniale tydperk, die wêreld verantwoordelik vir hulle agterstand en onvermoë om selfstandig te word, en iets vir hulleself te doen. Hulle wil altyd hê, en wil meer hê, en sal altyd kry.

Wat baie insiggewend was van die Rieu konsert in Maastricht, is dat daar geen plek op die verhoog was vir die Afrika kindertjies teen die einde met die “grand finale” nie. As groot aanhanger van Rieu, weet ek dat hy gewoonlik vir hierdie deel, al sy gaskunstenaars op die verhoog kry. Maar in hierdie geval, was dit nou die deel vir die “beskaafde” mense – die sirkustoertjies was net ‘n deel van die program, daar in die begin, en het sy oomblik van deernisvolle vermaak gehad.

Ons moet aanvaar dat die swartmense van Afrika, troeteldierstatus in die wêreld het. Hulle sien Afrika as die “petting zoo”. En dit, alhoewel verdoesel as humanisme, is niks anders as naakte rassisme nie.

пескоструйный аппарат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.