PRAAG nooi media na hof oor volksmoord

Deel op
PRAAG nooi môre-oggend om 8.30 vir 9.00 die media uit na die oorhandiging van ‘n brief aan regter Halgryn by die Randburgse Landdroshof waarin die toepassing van die volkereg, saamgelees met die Suid-Afrikaanse wet nr. 27 van 2002, bepleit word. Dié wet het die Roomse Statuut ingelyf by Suid-Afrikaanse wetgewing en daarom is sowel volksmoord as die aanhitsing tot volksmoord strafbaar in Suid-Afrika, soos elders ter wêreld.

Plek: Kamer G057, Randburgse Landdroshof, Shepherdlaan 18, Kensington B, Randburg.
Tyd: 8.30 vir 9.00.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, wat die vorige hofsitting op 29 November in Johannesburg bygewoon het toe die ANC verlof tot appèl teen die verbod op die liedjie “Skiet die Boere” gevra het, wil die regter met respek attent maak op die afwesigheid van enige argumente in die hof oor die volkereg, asook wet 27 van 2002. Die organisasie glo dat hierdie element van kardinale belang is vir die regter om ‘n billike uitspraak in die saak te lewer.

Ná die oorhandiging van die brief, sal dr. Dan Roodt van PRAAG na Pretoria gaan en ‘n soortgelyke brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig waarin versoek word dat mnr. Julius Malema en ander ANC-ampsdraers wat hulle aan aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners skuldig gemaak het, vervolg word.

“Dit is ‘n kenmerk van volksmoord dat dit, ten eerste, verswyg of ontken word,” het dr. Roodt gesê. “Ten tweede vind daar altyd aanhitsing plaas. Albei elemente, die verswyging en die aanhitsing, is reeds in Suid-Afrika teenwoordig.”

белое сухое вино ценаДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.