Hospitaal betaal vir ongewaste linne

Deel op
Die verpleegvakbond Denosa is “ontsteld” oor mediaberigte wat beweer dat pasiënte en pasgebore babas by twee Oos-Kaapse hospitale tydens die feesseisoen op bebloede beddens moes slaap.

“Ons veroordeel die blootstelling van pasiënte aan sulke toestande ten sterkste,” het Asanda Fongqo, woordvoerder van die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika (Denosa), Maandag in ‘n verklaring gesê.

Die Sunday Times het vroeër berig dat ‘n privaatmaatskappy wat gekontrakteer is om Oos-Londen se Frere- en Cecilia Makhiwane-hospitale se linne te was, nie ‘n wasmasjien besit nie.

Die vakbond het gevra vir die “dringende” aanstelling van voltydse personeel, wat mense wat linne kan was, insluit.

“Ons het al male sonder tal gesê die uitkontraktering van dienste soos die was van linne is nie net ‘n mors van geld nie, maar het ook ‘n negatiewe impak op doeltreffendheid en gehalte,” het Fongqo gesê.

“Die situasie in hierdie hospitale ondermyn ook die mees basiese gesondheidsbeginsels van infeksiebeheer en stel net meer lewens in gevaar.”

купить липецк балансировочное и шиномонтажное оборудование для грузового транспорталобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.