Die kleur van misdaad

ImageDie skorsing van die hoof van die nasionale vervolgingsgesag, advokaat Pikoli, het opnuut die wêreldwye tendens van swart misdaad na vore gebring.  Mbeki het hierdie uitweg gekies om die ANC se nasionale polisiehoof, Selebi, wat ook Interpolhoof is, se beweerde misdade onder die mat in te vee want “dit sal nie net ’n nasionale skande wees as Selebi gearresteer word nie maar ’n internasionale skandaal veroorsaak”.  So glo die swart ANC dat misdaad maar gepleeg mag word, solank daar net nie verantwoording oor gedoen hoef te word nie.

Dit het weer swartes se siening van misdaad ter sprake gebring, en daarom kan daar met nuwe begrip na die New Century Foundation (NCF) se verslag oor misdaad in Amerika gekyk word.  Hierdie verslag, genoem The Color of Crime, het in 2005 groot opslae gemaak toe daar deur middel van sorgvuldige navorsing deur verskeie instansies, amptelike statistieke die lig gesien het oor die verbintenis tussen ras en misdaad.  Alhoewel geen statistiek ooit honderd persent betroubaar kan wees nie, het daaruit heelwat onbetwisbare feite aan die lig gekom.  Veral die feit dat dit so hewig aangeval en bevraagteken word deur die media, bevestig juis die vrees vir die ontbloting van die waarheid by die vyande van die blankedom.

Die feit dat swartes sewe keer meer geneig is om moord te pleeg as enige ander ras en agt keer meer om te roof, steel en plunder, is van die feite wat ontbloot is.  Dat die grootste oorsaak van ‘n hoë persentasie misdaad in spesifieke gebiede, die aantal swartes daar verteenwoordig,  voorspel vir Suid-Afrika ook niks goeds nie, veral in ag genome die ongeveer agtduisend onwettige immigrante wat daagliks uit Zimbabwe hier arriveer!

Feite soos dat swartes 39 keer meer gewelddadige aanvalle teen blankes pleeg as wat blankes teen swartes pleeg, en dat swartes 136 keer meer rooftogte teen blankes uitvoer as andersom, word in hierdie verslag aangedui.  Van die 770 000 gewelddadige aanvalle per jaar in Amerika, word 85 persent deur swartes gepleeg, en natuurlik slegs die orige 15% deur blankes. So kan daar uitgebrei word oor die magdom statistiek in hierdie verslag, en die boodskap kom duidelik deur oor wat dan ook vir Suid-Afrika vorentoe wag.

Die oeroue verweer teen hierdie feite naamlik dat die polisie bevooroordeeld optree teen swartes, of dat die sogenaamde armoede by die swart “agtergeblewenes”  die oorsaak van hulle misdaadpleging is, is almal die nek in geslaan deur inligting uit betroubare verslae van nog ander navorsingsbronne soos die SHR, die UCR en die NCVS, almal instansies met geloofwaardigheid.  Met samevattings daaruit berig die NCF in The Color of Crime onder andere dat die getal jeugbendes die afgelope drie dekades die hoogte ingeskiet het.  Waar daar in die sewentigerjare slegs 19 state in Amerika was wat las daarmee ondervind het, het 50 state in 2005 ernstig daaroor berig.  Ook die 270 stede en dorpe wat destyds verslag gedoen het oor jeugmisdade, het nou vermeerder na 2 300; asook dat jeugbendes meestal swart is met slegs 10% blanke bendes soos deur statistiek in 2001 bewys is.

Die vraag waarom rasse-studies oor misdaad gemaak behoort te word, het ‘n eenvoudige antwoord:  dit is uiters belangrik dat die waarheid gehoor moet word en die leuens van die globale multikulturaliste ontbloot word.  Geen samelewing floreer wanneer die waarheid onderdruk word nie. Dat rasseverskille ewig toegeskryf word aan armoede, werkloosheid, gebrek aan opleiding, ens, is leuens wat met feite gestaaf word deur noukeurige navorsingstudies. Dit is maklik om gewone publikasies oor misdaad te beskuldig van negatiewe stereotipes, maar statistiese rasseverskille is die fondament vir belangrike beginselbesluite, besluite wat ‘n hele volk of ras van uitwissing kan red.

Die waarheid, volgens The Color of Crime, is dat swartes doodeenvoudig meer geneig is tot misdaad as enige ander ras ter wêreld. Deel van die aanloop daartoe is dat swartes twee maal meer as blankes geneig is om uit ‘n skoolloopbaan of te ’n betrekking te dros. Wat interessant is, is dat selfs die liberale asook oningeligte Amerikaners weet dat hulle meestal deur swartes beroof word en daarom swart woonbuurtes eerder vermy. Dit blyk dat intuïsie sowel as feite darem nog ‘n rol speel ten spyte van die media se hardnekkige poging om die publiek anders te oortuig. Sal dit onredelik wees om ‘n spesifieke lugredery te vermy indien daar een na die ander vliegongeluk plaasvind…?

Dat immigrasie besig is om Amerika se probleme drasties te vererger, kan nie betwis word nie.  Intussen mag die onderwerp van rasseverskille nie openlik bespreek word nie, wat begrip vir die probleem by die gemiddelde blanke Amerikaner aan bande lê. Klink dit nie baie bekend as dieselfde toestand in Suid-Afrika nie?

In ’n land soos Amerika waar daar ‘n blanke president is en waar die meeste inwoners blankes is, is dit verstaanbaar dat navorsing oor rasse-misdaad soms wel die lig sien.  In Suid-Afrika waar daar ‘n swart president is, en waar die meeste inwoners (wettiges en welkome onwettiges!) swartes is, bestaan daar nie eers ’n moontlikheid dat die waarheid oor die kleur van misdaad geopenbaar sal word nie. As Mbeki eerder die misdaadondersoek na die swart polisiehoof in die wiele ry deur die betrokke advokaat te skors, vertel dit ons alles van die swart regime se siening oor misdaad.
 
Daarom sou dit die ideaal wees dat elke naasbestaande van elke blanke slagoffer in hierdie land, met ’n aangewese organisasie skakel om betroubare statistiek te help bou oor die etniese suiwering wat tans in Suid-Afrika plaasvind.  Daar is reeds ’n paar instansies wat hulle verbind het tot statistiekhouding daarvan, en elke blanke behoort moeite te doen om meer oor hulle te wete te kom en misdaadverslae daar te lewer.  Dit is al wyse waarop ons eendag met gesag oor die aanslag op die blanke mense van Suid-Afrika sal kan praat.

светодиодный миниатюрныйАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.